Hierdie aksie is so bietjie die verlede in maar word geplaas om die lus so bietjie aan te wakker.
Iets wat baie gemoedere gaan opsweep is die feit dat daar reëls toegepas gaan word wat die boot se horisontale vlottasie (level floatation) betref. Êrens in hierdie uitgawe brei mnr. Koos de Kock hieroor uit. Blykbaar is dit lankal van toepassing, maar daar gaan nou streng na gekyk word. Die groot probleem is dat die motors ekstra vlottasie benodig en dit moet nou gedoen word. Dit sal van boot tot boot verskil maar rofweg beteken dit dat ‘n Yamaha buiteboordmasjien van 40 pk. ongeveer 40 kg weeg. Twee van hulle behoort so 80 kg saam te weeg. 1 Kg. gewig sal elk ‘n ekstra 1 liter vlottasie benodig. Gebruik jy 2-liter-bottels sal jy vir die 2 motors 40 van hierdie bottels moet gebruik. Hierdie kan bo-op die dek aangebring word, maar moet met panele bestendig word. Daar kan ook van spons gebruik gemaak word, maar dan sal dit so bietjie anders werk.
Lees asb. Koos se artikel hieroor. Hy kan ook gekontak word by 082 6901835. Hy het die naam van mnr. Gert du Plessis verskaf (tel. 028 3845024), wat volgens hom al baie met die vlottasie te doene gehad het en die kundige op hierdie gebied is. Enige van hierdie twee menere sal nadere en meer besonderhede oor hierdie aangeleentheid kan verskaf. Voordat jy besluit om hierdie taak self af te handel wil ek aanbeveel dat jy eers een van hierdie manne kontak. Die jaarlikse ondersoek (surveying) van die boot (6 meter en onder) is opgeskuif vanaf R350 na R365 en bote oor 6 meter vanaf R550 na R580. Ook nie goeie nuus nie, nè.
Die weer is ook maar deurmekruis maar daar is lig in die tonnel! Die somer móét mos binnekort gesig wys en met die regte winde sal die vooruitsigte ook verbeter. Die kabeljou wag, dis ongelukkig so dat die kleintjies op die oomblik baie lastig is.
Die see bly steeds ‘n pluspunt.
Oppas vir ‘n haai, wanneer hy aan die lyn is! Probeer veral om te verhoed dat enige liggaamsdeel in die lyn verstrengel raak. Ek is baie bewus hiervan en tog het my vinger in ‘n kinkel beland en gevolglik is die haai amper vort met die voorste lid. Na meer as ‘n week is die blou en eina vinger getuie hiervan. Versigtig!
Groete, Seemeeu
Probleme
07 November 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.