November se Birkenhead-wenspan op die boot Nu-Nu, met vlnr Phillip Fourie, Johan Burmeister en Gawie Krugel
Die spreekwoordelike skrif is aan die muur vir die Birkenhead Boothengelkampioene vir 2013. Verlede Saterdag se boothengelkompetisie was die laaste geleentheid om ‘n verskil aan 2013 se jaarlikse hengelkampioene te kon maak, aangesien Desember se kompetisie die 1ste vir 2014 is. Vier bote het ingeskryf, waarvan net 3 ingeweeg het. Die aantal bemanningslede was 12, waarby 2 dames ingesluit was. Vyf verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis wat ingeweeg is, was 119 met 'n totale massa van 77.7kg, wat ‘n gemiddeld van 6.48kg per hengelaar beteken.
Die volledige uitslae is soos volg:
Swaarste vis, Gawie Krugel (Geelbek - 4.50kg);
2de Swaarste vis, Raymond Rabe (Rooi roman - 2.60kg);
Swaarste sak, Gawie Krugel (11.1kg);
2de Swaarste sak, Johan Burmeister (7.85kg);
Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (8.42kg);
2de Swaarste bootgemiddeld, Laura 2 van Raymond Rabe (6.03kg);
Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (5.25kg).
Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:
Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (93.97kg);
Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (48.53kg);
Relêks 2 van Jean Downing (47.36kg); M
ans Visvangkampioene - Johan Burmeister (98.00kg); Gawie Krugel (77.36kg); Phillip Fourie (65.00kg);
Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (50.00kg); Dixie Walsh (35.00kg).
Die klub se Algemene Jaarvergadering sal op Vrydag, 29 November 2013 plaasvind, met die jaarlikse prysuitdelingsfunksie op Saterdag, 30 November 2013.
Navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, terwyl kompetisienavrae aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig kan word.
Hardus Botha
Skrif is aan die muur
07 November 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
You Have the Power to Change the Pattern
Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...











