Lt kol Adonis neem afskeid

Lt kol Adonis neem afskeid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lt-kol Adonis en sy eggenote, Cathleen tydens ‘n afskeidsfunksie op sy laaste werksdag as Stasiebevelvoerder van Gansbaai SAPD

Lt-kol Adonis, Stasiebevelvoerder van Gansbaai SAPD, het op 31 Oktober 2013 afskeid van Gansbaai SAPD geneem. Lt-kol Adonis begin op 4 November as Cloetesville SAPD, Stellenbosch se Stasiebevelvoerder. Op 30 November sal hy Gansbaai finaal verlaat.

“Die positiewe deel van my besluit draai om gesinsgeluk, maar aan die ander kant is dit baie moeilik om myself los te maak van ‘n goed-saamgestelde sisteem waartoe ek myself verbind het,” het hy gesê. “Ek het ‘n goeie en suksesvolle pad met ‘n uitstekende SAPD-span, asook ‘n oop gemeenskap gestap en om my nou daarvan los te maak, is ‘n hartseersaak.” Hy verwys trots na die gevestigde vennootskap tussen Gansbaai SAPD en die gemeenskap, asook Gansbaai Polisiëringsforum (GPF). Kol Adonis het gesê dat hy inderwaarheid “bederf” is deur Gansbaai SAPD-lede, kerke, organisasies en al drie gemeenskappe en dat hy opregte waardering daarvoor het. Enkele sprekers het opgetree en ook blyke van waardering aan Lt-kol Adonis oorhandig. AO Wynand le Roux het ook ‘n huldeblyk aan wyle AO Ghandi Kruger oorgedra.

Lt-kol Adonis is op 4 Januarie 2010 as stasiebevelvoerder te Gansbaai SAPD aangestel en is oorspronklik van die Paarl, maar kort voor sy aanstelling was hy vir sowat 5 jaar Stasiebevelvoerder van Riviersonderend se SAPD. Hy is met Cathleen getroud en die egpaar het drie kinders. Gedurende sy dienstydperk in Gansbaai het hy ‘n oopdeur-beleid ten opsigte van die drie gemeenskappe gehandhaaf, met sy hoogste prioriteit die bekamping van misdaad.

“My uitgangspunt was nog altyd dat die SAPD se hoofdoel is om ‘n verskil te maak en die gemeenskap veilig te laat voel,” sê hy. Tydens sy afskeidsonderhoud met Gansbaai Courant, het hy sy opregte waardering teenoor alle SAPD-lede, Gansbaai GPF, kerke, organisasies, die drie gemeenskappe en Gansbaai Courant vir almal se vriendelikheid, ondersteuning en goeie samewerking uitgespreek. Sp-Kapt Danie Rautenbach sal intussen as Stasiebevelvoerder waarneem.

Hardus Botha 

Lt kol Adonis neem afskeid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles