Silwerjare se Kersete

 Silwerjare se Kersete

Gansbaai Courant

Silwerjare Dienssentrum se bejaardes is onlangs weer eens behoorlik met ‘n smaaklike Kersete bederf - soos net die dames van die NG Vrouediens se Uitreikaksie dit kan doen. Sowat 80 etes is voorberei en het uit smaaklike bobotie, rys en bykosse bestaan, met natuurlik die lekkerte van ‘n smaaklike vla-snynagereg agterna. Die bevoorregte bejaardes het by netjies-versierde tafels aangesit. Ds Willie Kotze het met die lees van Ps 71 geopen en klem op die verouderingsproses geplaas, wat die pad is wat elke mens moet stap. ‘n Frase uit ‘n treffende gebed wat hy voorgelees het, lui: “Here, as U die herfs van my lewe net so diep en ryk sal maak soos die goud en rooi van die herfsblare; dan is die verlies van die lente- en somerjare niks in vergelyking met die wins van die herfsjare nie.” 


Die sing van pragtige geestelike- en opgewekte liedere het die ete voorafgegaan - met Dirk en Eva Büchner en Mike en Elize Schröder as die knap musiekmakers, wat hulself al deeglik tydens liefdadigheidsfunksies bewys het. Die bejaardes het ritmies tydgehou en by tye lustig saamgesing. “Hierdie Kersete het lankal reeds ‘n jaarlikse instelling geword en die bejaardes van Silwerjare Dienssentrum, asook die inwoners van Oak Grove Nasorgsentrum, sien al outomaties daarna uit, selfs nog voordat ons dit bevestig het,” vertel Elcine Hulme, voorsitter van die Vrouediens. “Dit is jaarliks vir elkeen van ons wat vir die Kersfunksie werk ‘n groot voorreg om dit vir die bejaardes te kan aanbied.”

Jacoba Europa, Bestuurder van dié twee instansies, het haar opregte dank en waardering namens die bejaardes uitgespreek en gesê daar word jaarliks lank na die tyd nog oor dié besonderse Kersete gepraat.

Hardus Botha

 Silwerjare se Kersete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles