Silwerjare se Kersete

 Silwerjare se Kersete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Silwerjare Dienssentrum se bejaardes is onlangs weer eens behoorlik met ‘n smaaklike Kersete bederf - soos net die dames van die NG Vrouediens se Uitreikaksie dit kan doen. Sowat 80 etes is voorberei en het uit smaaklike bobotie, rys en bykosse bestaan, met natuurlik die lekkerte van ‘n smaaklike vla-snynagereg agterna. Die bevoorregte bejaardes het by netjies-versierde tafels aangesit. Ds Willie Kotze het met die lees van Ps 71 geopen en klem op die verouderingsproses geplaas, wat die pad is wat elke mens moet stap. ‘n Frase uit ‘n treffende gebed wat hy voorgelees het, lui: “Here, as U die herfs van my lewe net so diep en ryk sal maak soos die goud en rooi van die herfsblare; dan is die verlies van die lente- en somerjare niks in vergelyking met die wins van die herfsjare nie.” 


Die sing van pragtige geestelike- en opgewekte liedere het die ete voorafgegaan - met Dirk en Eva Büchner en Mike en Elize Schröder as die knap musiekmakers, wat hulself al deeglik tydens liefdadigheidsfunksies bewys het. Die bejaardes het ritmies tydgehou en by tye lustig saamgesing. “Hierdie Kersete het lankal reeds ‘n jaarlikse instelling geword en die bejaardes van Silwerjare Dienssentrum, asook die inwoners van Oak Grove Nasorgsentrum, sien al outomaties daarna uit, selfs nog voordat ons dit bevestig het,” vertel Elcine Hulme, voorsitter van die Vrouediens. “Dit is jaarliks vir elkeen van ons wat vir die Kersfunksie werk ‘n groot voorreg om dit vir die bejaardes te kan aanbied.”

Jacoba Europa, Bestuurder van dié twee instansies, het haar opregte dank en waardering namens die bejaardes uitgespreek en gesê daar word jaarliks lank na die tyd nog oor dié besonderse Kersete gepraat.

Hardus Botha

 Silwerjare se Kersete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles