Gansbaai Ministers Fraternal vuurwarm

Gansbaai Ministers Fraternal vuurwarm

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die nuutverkose komiteelede met ‘n bepaalde opdrag van Gansbaai Ministers Fraternal, met vlnr past Beryll Coetzer, John Collings, ds Dennis Naidoo en ds Deon Kloppers (die res van die komiteelede kon nie teenwoordig wees nie)

 “Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!” sê Psalm 133:1 so duidelik. “Dit is presies wat nou in Gansbaai besig is om te gebeur as die kerke en hulle leiers hande vat in die nuutverkose Gansbaai Ministers Fraternal Komitee. Ons wil niks anders doen as om dissipels van Jesus Christus te wees en die Koninkryk te bevorder nie! Ons wil begin doen wat die Here Jesus van ons vra om te doen. Gansbaai en omgewing is ons werksveld en hier wil ons met almal ’n pad stap van liefde, omgee en begrip,” sê ds Deon Kloppers. Die Komitee is tydens ‘n Eendagkonferensie Gemeenskapsontwikkelings-ontbyt op 19 Oktober deur die Gansbaai Ministers Fraternal saamgestel. Die lede is ds Dennis Naidoo (voorsitter) en past Beryll Coetzer (skriba), saam met ds Deon Kloppers, dr Bobo van Zyl (met sy sekundus as Norman Sauls), John Collings en past Jolandi Sauls. “Hierdie Fraternal is geen politieke platform waar elkeen sy eie ideologie of agenda wil propageer nie,” sê ds Kloppers.

“Ons visie is Gansbaai en sy mense, wat hulp en ondersteuning, begeleiding en vertroosting uit God se Woord nodig het. Almal wat wil saamwerk is welkom en elkeen sal ‘n ruimte kry om tuis te voel.” Ds Klopper verwys na enkele aktiwiteite wat aangebied gaan word: op 30 November om 09:00 bied past Frikkie Zeelie ‘n kinderpartytjie by Beverley Hills aan; op 16 Desember is daar ‘n gesamentlike Versoeningsdag-erediens om 09:00 in die NG-Kerkgebou; op 22 Desember is dit Kersliedere by Kerslig in Gansbaai hawe, in samewerking met die Lionsklub.

“Tydens hierdie feestelike geleentheid sal vis en brood aan behoeftiges uitgedeel word,” sê ds Kloppers. “Kom ons as Christene vat almal hande en laat ons saam aan die Koning hulde bewys. Aan God alleen die eer!”

Navrae rakende Gansbaai Ministers Fraternal kan aan ds Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.

Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal vuurwarm

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles