Academia se 1ste Voedselfees reuse sukses

Mexico en isiXhosa,  Mnr Wilson en feesgangers, China

Vrydag 1 November kon die dreigende reën nie eers ‘n demper op die Voedsel-fees wat deur die OOV van Academia gereël is, plaas nie. Onderwysers, leerders en ouers het ywerig deelge-neem en gehelp. Daar was stalletjies wat kos van verskillende lande verkoop het. Pizza, afval, roerbraai, kerrie, dougnuts, gebraaide vis, hoender-sosaties, poeding en nog vele meer is verkoop. Net oor die 200 mense het die aand kom geniet en daar was selfs ‘n jongeling wat ‘n vuurdans gedoen het. Stalletjies is vrolik opgemaak en daar was ‘n ongeskrewe kompetisie oor wie nou eintlik die beste atmosfeer gehad het. Dit was baie verblywend om te sien hoeveel leerders en ouers het ingespring en gehelp en bygedra het tot ‘n karnaval gevoel. Die skool is afhanklik van fondsinsamelings en die voedselfees het vir ‘n welkome inspuiting in die finansies gesorg.

Daar word baie uitgesien na volgende jaar se fees en om selfs groter te gaan.

Liezel Mostert


Suid-Afrika se gebraaide vis