Teelepelete verras

Teelepelete verras

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Al giggelende is daar (met wantroue) teelepel vir teelepel kos opgeskep, met verbasing aan die einde oor die hoeveelheid kos op die bord, met almal se spieëlbeelde regs

OMGEE Bedieninge se “Teelepel-ete” van Sondag, 10 November, het heelparty gaste verras - dis nou met die hoeveelheid kos wat met ‘n teelepel opgeskep kan word. Die groot verskeidenheid van geregte het natuurlik ‘n rol in die “byna oorvol” borde kos gespeel. “Ek het die spulletjie so bekyk en besluit om stilletjies twee teelepels te skep by die geregte wat ekstra lekker gelyk het, maar het my liederlik misgis met die oorvol bord waarmee ek verleë tafel toe moes stap,” het ‘n anonieme gas saggies vertel. Sowat 100 gaste het vir die interessante ete opgedaag en niemand is teleurgestel nie - nie met die oorgenoeg voedsel nie en nog minder met die aangename en gesellige samesyn. Sowat 18 smaaklike geregte is in twee rye uitgepak, met nagereg as die laaste opsie. Die geregte het gewissel vanaf bobotie met rys, verskillende vleise tot by groentes, pasta’s en slaaie - met roomys en vla waarmee afgesluit is.

“Die ete was as ‘n gemeenskapsprojek bedoel en wat dit nog meer aangenaam gemaak het, was die teenwoordigheid van verskeie kerkgroepe wat saamgekuier en saamgeëet het,” vertel Deon en Linda Kloppers. Selfs ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Ministers Fraternal, se kerrie-gereg was beskikbaar! “Samesyn van hierdie aard is wat Gansbaai lekker maak en volgende jaar gedurende Meimaand doen ons dit weer,” sê Linda.

Hardus Botha

Teelepelete verras

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles