Die nuus van die inkorting van die kreefvangs (die kreefseisoen maak op 15 Nov. oop) is beslis nie die beste nuus nie. Die volledige stel reëls word êrens in hierdie Courant bekend gestel. Dis ‘n ope vraag of dit enigsens haalbaar is om ‘n kreeflisensie aan te skaf. Die vangery self kan dalk nog “sports” wees!
Hoewel hierdie afgelope naweek ook vangste van geelstert gelewer het het die vangste vergeleke met die van die week taamlik afgeplat. Tog is daar ook geelbek sowel as snoek gevang. Ook is daar by die Gruis elf ingebring. So in werklikheid is die storie nie so donker nie en as die weer nie weer skielik onverwags opspeel nie kan beter vangste verwag word.
Die geelstertvangery is iets wat baie hengelaars sal fassineer. Een van die manne wat gereeld in Struisbaai sy geelstert gaan haal het my sy “tackle” gewys en ek was verbaas om te sien hoe sy voorbereiding van sy gerei gedoen word. Eerstens word sy lepel omgedraai en die hooflyn dan aangebind. In ander woorde, die hoek hang nie aan die onderkant nie, maar wel onderstebo en bo-aan die lepel. Iemand wat meer daarvan weet as ek sê dis hoe loodkophengel (dropshot) werk. In Struisbaai sê hy verder word geelstert selde met visaas gevang. Nog iets. Hier by ons, op die oomblik in elk geval, word hulle op die dryf gevang en totdat die geelstert nie grond toe gee pad nie, sal die “dropshot”-storie nie werk nie.
Dit sal die moeite werd wees om iemand wat ken van se raad te vra en sy gerei behoorlik te bekyk. Daar is nog ‘n magdom ander faktore en “tackle” (oppervlakproppe, loodkoppe, Rapalas, plastiekkunsase, rokkies, lepels, en sommer baie ander) wat in die prentjie kom en dit sal nie lonend wees om sonder hierdie wyshede te probeer geelstert vang nie. Kry net ‘n ou wat bereid is om sy kennis te deel!
Verlede week is mnr. Gert du Plessis se telnr. ongelukkig verkeerd aangegee. Dit moet wees 028 3840524, cell. 082 652 4459. Jammer. Hy is die man om te spreek oor jou vlottasieprobleme. Die nuwe reëls is baie meer gekompliseerd as wat dit oorspronklik gelyk het.
Lekker vang, Seemeeu
Is die vang van kreef nog die moeite werd
14 November 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor
Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor
1 Day to Christmas!
And the craziness is slowly descending...
2 Days to Christmas: Self-Love
Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.
Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team
The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.
Refresh Your Home Décor This Season
Ready to refresh your home this season?
Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai
At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.










