Is die vang van kreef nog die moeite werd

Is die vang van kreef nog die moeite werd

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die nuus van die inkorting van die kreefvangs (die kreefseisoen maak op 15 Nov. oop) is beslis nie die beste nuus nie. Die volledige stel reëls word êrens in hierdie Courant bekend gestel. Dis ‘n ope vraag of dit enigsens haalbaar is om ‘n kreeflisensie aan te skaf. Die vangery self kan dalk nog “sports” wees!

Hoewel hierdie afgelope naweek ook vangste van geelstert gelewer het het die vangste vergeleke met die van die week taamlik afgeplat. Tog is daar ook geelbek sowel as snoek gevang. Ook is daar by die Gruis elf ingebring. So in werklikheid is die storie nie so donker nie en as die weer nie weer skielik onverwags opspeel nie kan beter vangste verwag word.

Die geelstertvangery is iets wat baie hengelaars sal fassineer. Een van die manne wat gereeld in Struisbaai sy geelstert gaan haal het my sy “tackle” gewys en ek was verbaas om te sien hoe sy voorbereiding van sy gerei gedoen word. Eerstens word sy lepel omgedraai en die hooflyn dan aangebind. In ander woorde, die hoek hang nie aan die onderkant nie, maar wel onderstebo en bo-aan die lepel. Iemand wat meer daarvan weet as ek sê dis hoe loodkophengel (dropshot) werk. In Struisbaai sê hy verder word geelstert selde met visaas gevang. Nog iets. Hier by ons, op die oomblik in elk geval, word hulle op die dryf gevang en totdat die geelstert nie grond toe gee pad nie, sal die “dropshot”-storie nie werk nie.

Dit sal die moeite werd wees om iemand wat ken van se raad te vra en sy gerei behoorlik te bekyk. Daar is nog ‘n magdom ander faktore en “tackle” (oppervlakproppe, loodkoppe, Rapalas, plastiekkunsase, rokkies, lepels, en sommer baie ander) wat in die prentjie kom en dit sal nie lonend wees om sonder hierdie wyshede te probeer geelstert vang nie. Kry net ‘n ou wat bereid is om sy kennis te deel!

Verlede week is mnr. Gert du Plessis se telnr. ongelukkig verkeerd aangegee. Dit moet wees 028 3840524, cell. 082 652 4459. Jammer. Hy is die man om te spreek oor jou vlottasieprobleme. Die nuwe reëls is baie meer gekompliseerd as wat dit oorspronklik gelyk het.

Lekker vang, Seemeeu

Is die vang van kreef nog die moeite werd

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles