“Ons het aan die einde van ‘n goeie jaar gekom,” sê Bertruline Dickson, voorsitter van die Sea Stars Netbalklub. “Dit is alleenlik te danke aan ons Hemelse Vader, borge in Gansbaai-omgewing, getroue ondersteuning en ons talentvolle spelers.”
Bertruline sê hulle het onlangs ‘n suksesvolle sportdag gehou, insluitend ‘n Mnr en Mej Weskus 2013 Kompetisie gedurende Oktober om die klub se fondse te versterk. Met verwysing na die liga-wedstryde in die Overstrand, het altwee die klub se spanne as wenners vir 2013 uit die stryd getree. “Ons beskou dit as ‘n groot prestasie, aangesien dit ons eerste kennismaking met liga-wedstryde sedert ons stigting in 2011 was,” sê sy. Bertruline sê ook dat dit hulle tweede jaar is wat hulle aan die Burgemeesterstoernooi deelgeneem het.
Vanjaar het hulle tweede geëindig uit 6 netbalklubs wat aan Boland-ligas en WP-ligas deelneem. “Dis ons onderlinge liefde en passie vir mekaar en vir netbal waaraan ons die suksesverhaal toeskryf. Daarom ‘n baie groot dankie aan almal.”
Bertruline bedank ook hulle borge vir die SA Weskustoernooi te Velddrif: Chicken on Top, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, Lekkerbek, May Taxis te Vereniging en White Shark Adventures.
“Daardie kompetisie was baie sterk en 26 netbalspanne het deelgeneem. Dit was ons derde deelname en ons spel het baie verbeter.” Sy sê hulle is hard besig om aan ‘n Weskusspan te bou en hulle doelwit is om die Weskus-beker huis toe te bring. “Ons vertrou dat ons nie ons borge en ondersteuners teleurgestel het nie en ons sal voortgaan om Gansbaai se naam hoog te hou,” sê Bertruline. Sea Stars Netbalklub se prysuitdelingsfunksie is vir 6 Desember vanjaar gereël en Bertruline doen ‘n beroep op skenkers van trofeë om haar te kontak.
Vir navrae kan Bertruline Dickson kan by 072-707-5687 gekontak word.
Hardus Botha
Sea Stars se dankie
14 November 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor
Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor
1 Day to Christmas!
And the craziness is slowly descending...
2 Days to Christmas: Self-Love
Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.
Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team
The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.
Refresh Your Home Décor This Season
Ready to refresh your home this season?
Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai
At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.










