Sea Stars se dankie

Sea Stars se dankie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons het aan die einde van ‘n goeie jaar gekom,” sê Bertruline Dickson, voorsitter van die Sea Stars Netbalklub. “Dit is alleenlik te danke aan ons Hemelse Vader, borge in Gansbaai-omgewing, getroue ondersteuning en ons talentvolle spelers.”

Bertruline sê hulle het onlangs ‘n suksesvolle sportdag gehou, insluitend ‘n Mnr en Mej Weskus 2013 Kompetisie gedurende Oktober om die klub se fondse te versterk. Met verwysing na die liga-wedstryde in die Overstrand, het altwee die klub se spanne as wenners vir 2013 uit die stryd getree. “Ons beskou dit as ‘n groot prestasie, aangesien dit ons eerste kennismaking met liga-wedstryde sedert ons stigting in 2011 was,” sê sy. Bertruline sê ook dat dit hulle tweede jaar is wat hulle aan die Burgemeesterstoernooi deelgeneem het.

Vanjaar het hulle tweede geëindig uit 6 netbalklubs wat aan Boland-ligas en WP-ligas deelneem. “Dis ons onderlinge liefde en passie vir mekaar en vir netbal waaraan ons die suksesverhaal toeskryf. Daarom ‘n baie groot dankie aan almal.”

Bertruline bedank ook hulle borge vir die SA Weskustoernooi te Velddrif: Chicken on Top, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, Lekkerbek, May Taxis te Vereniging en White Shark Adventures.

“Daardie kompetisie was baie sterk en 26 netbalspanne het deelgeneem. Dit was ons derde deelname en ons spel het baie verbeter.” Sy sê hulle is hard besig om aan ‘n Weskusspan te bou en hulle doelwit is om die Weskus-beker huis toe te bring. “Ons vertrou dat ons nie ons borge en ondersteuners teleurgestel het nie en ons sal voortgaan om Gansbaai se naam hoog te hou,” sê Bertruline. Sea Stars Netbalklub se prysuitdelingsfunksie is vir 6 Desember vanjaar gereël en Bertruline doen ‘n beroep op skenkers van trofeë om haar te kontak.

Vir navrae kan Bertruline Dickson kan by 072-707-5687 gekontak word.                                  

Hardus Botha

Sea Stars se dankie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles