Nasionale Onderwystoekennings

Nasionale Onderwystoekennings

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Skole kry elke jaar die geleentheid om onderwysers te benoem vir die Nasionale Onderwystoekennings in 10 kategorieë van Uitnemendheid.
 
Laerskool Gansbaai het me Alana Louw (Gr 1-opvoeder) benoem vir Uitnemendheid in Laerskool Onderwys, waarna sy die 1ste plek in die Overbergstreek bereik het.  Hierdie kategorie sluit alle opvoeders vanaf Gr 1 tot Gr 7 in. 

Alana Louw

Die streekwenners het deurgedring na die Wes-Kaap Provinsiale rondte en die finaliste moes aan al die kriteria aan hul voorgehou voldoen en tydens ‘n 45 minuut Engelse onderhoud deur ‘n paneel beoordelaars, sowel as Unieverteenwoordigers, bewyse van hul werksaamhede voorlê asook ‘n klas van 15 minute aanbied.

Op Vrydag, 8 November 2013, is die Wes-Kaap Provinsiale wenners tydens ‘n Gala-geleentheid in Seepunt aangekondig. Hierdie wenners dring deur na die Nasionale rondte wat in Gauteng aangebied word.  Alana Louw het ‘n algehele 2de plek in die kategorie, Uitnemendheid in Laerskool Onderrig bereik. As deel van haar prys ontvang sy ‘n geskenkbewys ter waarde van R7 000.

Alana se kommentaar op hierdie ervaring is:  “Baie opvoeders is te beskeie om te sê hul sal dit doen as hulle genomineer word en ek is behoorlik daarin geboelie, maar nie ‘n oomblik spyt daaroor nie.  Dit was voorwaar ‘n ervaring, maar sonder die insette van die personeel en die “mooi dinge” wat my skoolhoof, mnr Eben van der Merwe vir die paneel beoordelaars gesê het, sou ek nie gekom het waar ek wel gekom het nie.  Ek wil alle opvoeders wat genomineer word aanmoedig om deel te neem – dit is die moeite werd! 

Wat die Gala-geleentheid betref – dit was fantasties!  Ek en my man is soos “celebrities” by die Protea Hotel in Kaapstad ontvang en behandel en die dinee in Seepunt was uitstekend georganiseer.  Ek is geseënd met twee uiteenlopende kinders en daarom is dit dalk vir my maklik om met alle kinders en ouers wat oor my pad kom, te assosieer en te doen wat ek kan tot voordeel van die kind.  Dit wat ek doen, is my passie en ek kan nie anders nie.  Ek verwag nie eer en verheerliking daarvoor nie, maar ek sal jok as ek sê dit was nie fantasties om die naweek soveel “glans”-behandeling te ontvang nie en die geskenkbewys was beslis ‘n bonus!  WOW!!!”

Nasionale Onderwystoekennings

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles