Dit is presies waar die reëlings tans staan…Fees, Fees en nogmaals Fees. Die jaarlikse Fees van die Ganse val vanjaar saam met 'n gholfkompetisie en die aanskakeling van die Kersliggies op Vrydagaand, 6 Desember, met die Straatfees in die middedorp die volgende dag op Saterdag, 7 Desember. Soos jaarliks die geval is, kan inwoners en besoekers weer na ‘n genotvolle dag uitsien. Die gewone sal vanselfsprekend daar wees: hoofkunstenaar, plaaslike kunstenaars, stalletjies vir Afrika (±30), biertent en veel meer. Die Fees se hoofkunstenaar vir Saterdagaand vanaf 19:00 tot 20:00 is Wynand Windpomp en daar kan beslis na sy optrede uitgesien word.
Vanjaar is daar onder andere ook twee nuwighede wat stalletjies betref. Die een sal ‘n egte poedingstalletjie wees, ‘n eerste vir die Fees van die Ganse, aangebied deur Huis Breda. Die tweede “nuwe” stalletjie sal beslis die aandag trek. Rian Malan van Intec Marine in die Kaap gaan die nuutste vorme en toerusting van mariene elektronika bekendstel. Onder andere sal dit alle elektroniese skeeps-navigasie intrumente insluit, wat sekerlik booteienaars en ook ander sal interesseer. Hy sal egter ook huishoudelike elektroniese toerusting en stelsels beskikbaar hê, onder andere weerstasies. Beslis ‘n stalletjie wat nie misgeloop mag word nie.
Die hoofaktiwiteite sal in die omgewing van Markstraat aangebied word - dus, soos Gansbaaiers lankal reeds gevra het, binne in die dorp.
Hou Gansbaai Courant dop vir meer volledige inligting nader aan die tyd. Maak dus nou reeds ‘n kalender-aantekening van Vrydagaand, 6 Desember en Saterdag, 7 Desember vir ‘n feestelike naweek soos min wat deur almal geniet sal word. Navrae kan aan Glenda Kitley by 072-291-5564 gerig word.
Hardus Botha
Fees Fees en nogmaals FEES
21 November 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK
For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom
Being comfortable with myself sets me free.
Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success
GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE!
Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property
Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.
R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.
October’s Latest Women’s Fashion Arrivals
New month, new pieces at Komtessa Boutique.











