Alec en sy Boot

Alec en sy Boot

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alec Kitley van De Kelders met sy spog-modelboot, die Bark Endeavour, wat nou voltooiing nader

Alec Kitley (Kol.) van De Kelders, ‘n man wat diep spore in Gansbaai getrap het, het sowat 'n jaar gelede ‘n stokperdjie-projek aangepak waarvoor eindelose geduld nodig is. Hy is hy besig met die bou van ‘n spog-model seilboot volgens skaal…stappie vir stappie. “Die boot nader nou voltooiing, waarna ek dit graag in ‘n glaskas sal wil monteer,” sê Alec.

Hy het op die Captain Cook’s Endeavour ingeteken en het reeds al die handleidings ontvang - in totaal 100! Saam met elk van die 100 “tydskrif”-formaat handleidings (15 bladsye elk) word die volgende “fase” van die bouwerk ontvang: illustrerende foto’s, parte, boustukke, instrumente en ander benodigdhede. “Maar dit is nie net vir vinnig inmekaardruk nie,” sê Alec. “Dit verg fyn beplanning om deeltjie vir deeltjie uit te soek, te sny, te meet en te pas, aanmekaar te heg en dan op die regte plekke vas te heg, ‘n taak wat ure se tyd in beslag neem.” Die 3-mas seilboot is in 1768 deur Engeland se Royal Navy as die Bark Endeavour geregistreer, met Lt James Cook as kommandeur.

Terselfdertyd het die projek ook as afleiding vir Alec gedien, nadat hy Gansbaaiers in 2008 met ernstige hartprobleme groot laat skrik het. Op 12 November 2008, vyf jaar gelede, het hy in die UCT Akademiese Hospitaal ‘n operasie ondergaan: ‘n viervoudige hartomleiding, met klepver-vangings. Die operasie was suksesvol, maar ‘n lang herstelproses het gevolg.

Hy en sy eggenote, Glenda (Bestuurder: Gansbaai Toerisme), het hulself in 1985, ná sy aftrede as Lugmag-kolonel, in De Kelders kom vestig. Hier het altwee van hulle 'n bedrywige lewe gelei…alles behalwe ‘n “rustige aftrede”. Alec het oor etlike jare heen op vele komitees, besture en organisasies gedien, insluitend vele voorsitterskappe.

Intussen, veral ná die operasie, het hy “effens” rustiger geraak, maar is steeds ‘n aktiewe gemeenskapsbetrokke mens by enkele organisasies.

Op Vrydag, 15 November het Alec en Glenda enkele vriende en familielede by Janas Plaaskombuis met ‘n ontbyt onthaal. Dit was om uiting aan sy dankbaarheid oor die 5de gesonde jaar ná die operasie te gee. Ds Eugene Smith, voorheen ‘n bekende in Gansbaai, het die gesellige byeenkoms op gepaste wyse met skriflesing en gebed geopen. Alec is nog vele meer gesonde lewensjare deur almal toegewens.      

Hardus Botha

Alec en sy Boot

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles