Alec en sy Boot

Alec en sy Boot

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alec Kitley van De Kelders met sy spog-modelboot, die Bark Endeavour, wat nou voltooiing nader

Alec Kitley (Kol.) van De Kelders, ‘n man wat diep spore in Gansbaai getrap het, het sowat 'n jaar gelede ‘n stokperdjie-projek aangepak waarvoor eindelose geduld nodig is. Hy is hy besig met die bou van ‘n spog-model seilboot volgens skaal…stappie vir stappie. “Die boot nader nou voltooiing, waarna ek dit graag in ‘n glaskas sal wil monteer,” sê Alec.

Hy het op die Captain Cook’s Endeavour ingeteken en het reeds al die handleidings ontvang - in totaal 100! Saam met elk van die 100 “tydskrif”-formaat handleidings (15 bladsye elk) word die volgende “fase” van die bouwerk ontvang: illustrerende foto’s, parte, boustukke, instrumente en ander benodigdhede. “Maar dit is nie net vir vinnig inmekaardruk nie,” sê Alec. “Dit verg fyn beplanning om deeltjie vir deeltjie uit te soek, te sny, te meet en te pas, aanmekaar te heg en dan op die regte plekke vas te heg, ‘n taak wat ure se tyd in beslag neem.” Die 3-mas seilboot is in 1768 deur Engeland se Royal Navy as die Bark Endeavour geregistreer, met Lt James Cook as kommandeur.

Terselfdertyd het die projek ook as afleiding vir Alec gedien, nadat hy Gansbaaiers in 2008 met ernstige hartprobleme groot laat skrik het. Op 12 November 2008, vyf jaar gelede, het hy in die UCT Akademiese Hospitaal ‘n operasie ondergaan: ‘n viervoudige hartomleiding, met klepver-vangings. Die operasie was suksesvol, maar ‘n lang herstelproses het gevolg.

Hy en sy eggenote, Glenda (Bestuurder: Gansbaai Toerisme), het hulself in 1985, ná sy aftrede as Lugmag-kolonel, in De Kelders kom vestig. Hier het altwee van hulle 'n bedrywige lewe gelei…alles behalwe ‘n “rustige aftrede”. Alec het oor etlike jare heen op vele komitees, besture en organisasies gedien, insluitend vele voorsitterskappe.

Intussen, veral ná die operasie, het hy “effens” rustiger geraak, maar is steeds ‘n aktiewe gemeenskapsbetrokke mens by enkele organisasies.

Op Vrydag, 15 November het Alec en Glenda enkele vriende en familielede by Janas Plaaskombuis met ‘n ontbyt onthaal. Dit was om uiting aan sy dankbaarheid oor die 5de gesonde jaar ná die operasie te gee. Ds Eugene Smith, voorheen ‘n bekende in Gansbaai, het die gesellige byeenkoms op gepaste wyse met skriflesing en gebed geopen. Alec is nog vele meer gesonde lewensjare deur almal toegewens.      

Hardus Botha

Alec en sy Boot

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles