Masakhane dansertjies vorder goed

Masakhane dansertjies vorder goed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Masakhane dansertjies, met agter vlnr Anita Botha (2de), Margi Muller (5de) en Evelyn Tshisa (7de)

Margi Muller van Franskraal het ‘n tyd gelede besluit om haar lyndanstalente aan Masakhane-kinders oor te dra. “Ek het ‘n klein groepie kinders bymekaar gekry en ná slegs vier Saterdae is ek heel tevrede met hulle belangstelling, opgewondenheid, samewerking en vordering,” vertel Margi. “Ek het die projek in samewerking Anita Botha en Derrick Jerrard aangepak en begin met basiese lyndanspassies wat mettertyd meer gevorderd sal raak.” Derrick en Anita is saam met Margi klublede van die Birkenhead Boothengelklub, waar hulle op Woensdagaande hulle lyndanspassies onder leiding van Margi beoefen.

Tydens ‘n vorige oefensessie het die groepie sommer goed vertoon en die een was so opgewonde soos die ander een. Marie Reid van Marie's Boutique & Janelle's Nail Salon in Kerkstraat, het oefenspasie vir Margi en haar groepie gereël. “Nou is ek dankbaar dat Masakhane Primêr ‘n klaskamer vanaf 14:00 tot 15:00 op Woensdae aan my afgestaan het vir toekomstige oefensessies,” sê Margi. “Die personeel en leerders is baie positief oor hierdie projek. Een van die onderwysers, Evelyn Tshisa, is baie opgewonde om volstoom by ons in te skakel.” Margi sê al is die spannetjie klein op hierdie stadium, is hulle baie positief en beplan ook om hulself deeglik tydens die Fees van die Ganse se Straatfees op 7 Desember te bewys.

Hardus Botha


Groot leergierigheid was onder die Masakhane kinders te bespeur tydens hierdie lyndans-oefensessie 

Masakhane dansertjies vorder goed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles