Gansbaai Marine vereer

Gansbaai Marine vereer

Gansbaai Courant

Gansbaai Marine is onlangs met ‘n spesiale toekening deur die Dept van Hoër Onderwys en Opleiding tydens ‘n Nasionale Vaardigheidskonferensie vereer. Die konferensie is in die Birchwood Hotel in Gauteng gedurende Oktober aangebied, met die tema: “Together, turning every workplace into a training space”.

Onderskeidelik 2de en 3de van links is Micheal Lolwana en Hennie Ritter van Gansbaai Marine saam met enkele hooggeplaasdes van die Dept van Hoër Onderwys en Opleiding se spesiale Gala-aand

Hierin slaag Gansbaai Marine al oor etlike jare heen met hulle beroepsgerigte jaarprogram wat uit gestruktureerde teoretiese leer en praktiese werksplekondervinding bestaan en waarvoor NQF 2 sertifikate uitgereik word. Die hoofdoel van die konferensie is om doelwitte, uitdagings en suksesse rakende vaardigingsopleiding uit te lig. “Accompanying the conference will be the inaugural National Skills Authority (NSA) Recognition Awards, that will be celebrating excellence by recognising good practises in skills development across SETA’s, Companies and NSF funded projects,” lui die oorspronklike uitnodiging.

Die oorhandiging van die spesiale toekennings is deur minister Mduduza Comfort Manana waargeneem. Vele groot maatskappye is by Foodbev Seta Food ingeskakel en die 14 genommineerdes wasClover, Distell Limited, Edward Snell and Company Limited, Enterprices (Pty)ltd, Foodcorp PTY Ltd, Gansbaai Marine, KeesBeyers Chocolates, Peninsula Beverage CO Pty Ltd, Pioneer Corporate Service, SAB-Isando, Simba, Tiger Management, Tiger Management Service Ltd (King Foods) en West Point Processors PTY Ltd. Hierdie bekende name in die voedselvervaardigingsektor en/of visindustrie, is ‘n goeie aanduiding dat Gansbaai Marine sonder twyfel onder die “grotes” gereken kan word.

Hardus Botha

Gansbaai Marine vereer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles