Oppas vir die klein kabeljoutjies en hiers iets nuuts

Oppas vir die klein kabeljoutjies en hiers iets nuuts

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope naweek se kwaai reëns het veroorsaak dat ons 'n slaggie binne moes bly en was dit nie lekker om weer van die vars vis wat jy gevang het te braai nie. Nou wel binnenshuis, maar die gure weer is juis gepas hiervoor.

Die kabeljou begin reeds gesig wys, hoewel die ou grotes nie volop is nie. By Haaiklip is daar voor die naweek mooies uitgebring  --  en dis mos goeie nuus! Ek gaan probeer om so elke dan en wan ‘n sekere vis as voorbeeld te gebruik en oor die vangtaktiek daarvan uit te brei. Ek weet dat geelstert seker die interessantste sal wees, maar kom ons praat eers oor die hotnotsvis. Dié is omtrent altyd daar maar baie keer is dit so dat dit ook maar nie lekker gaan nie en wie gaan nou nee sê indien daar iets ekstra geleer kan word? Dis nou indien jy dit nie alreeds weet nie.

Ons het voorheen al gemeld van faktore soos dun lyne, klein hoekies, verskillende tipes stroppe en al die ander goed waarna jy moet oplet  --  maar hier volg nou iets anders. Almal weet vir seker dat meer as een soort aas altyd aan te beveel is, maar wat van ‘n kombinasie? Wat uitstekend werk is wanneer jy klein repies bloukoppieaas gebruik, dit een keer deur jou hoek steek, dan ‘n baie klein stukkie (so vars as moontlik) sardynaas, dubbelslag deur die hoek, en dan weer deur die bloukoppie. Die twee asies lê langs mekaar en nie die een onder die ander nie. Met twee hoeke aan twee langerige stroppe is dit ‘n wenner. Dit sal ook baie help indien die aasvisse ontskub is. Gebruik ‘n glysinker en wat nog probeer kan word is die hoeke wat so gebind word dat dit los aan die gebinde oog hang. Dit alles maak die ase baie aantreklik en jy kan maar aanneem as die vis daar is sal hy byt! Hou egter die ander faktore ook in ag. Indien bogenoemde tegniek nie werk nie, verander gerus jou lyn, sit jou keppie agterstevoor op (dalk herken die vis jou nie!) en probeer weer.

Ek het van ‘n baie betroubare bron verneem dat daar streng opgetree gaan word teen onwettighede soos ondermaat vis (daar is nou baie klein kabeljoutjies) en ook indien nie by die kwota gehou word nie. Die suidooster gaan binnekort die kabeljouseisoen inwei en onthou ook dat ‘n vislisensie benodig word. Die visinspekteurs het ‘n werk om te doen so moet hulle nie verkwalik wanneer hulle jou bykom indien jy oortree nie.

Lekker vang, Seemeeu
 

Oppas vir die klein kabeljoutjies en hiers iets nuuts

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles