Oppas vir die klein kabeljoutjies en hiers iets nuuts

Oppas vir die klein kabeljoutjies en hiers iets nuuts

Gansbaai Courant

Die afgelope naweek se kwaai reëns het veroorsaak dat ons 'n slaggie binne moes bly en was dit nie lekker om weer van die vars vis wat jy gevang het te braai nie. Nou wel binnenshuis, maar die gure weer is juis gepas hiervoor.

Die kabeljou begin reeds gesig wys, hoewel die ou grotes nie volop is nie. By Haaiklip is daar voor die naweek mooies uitgebring  --  en dis mos goeie nuus! Ek gaan probeer om so elke dan en wan ‘n sekere vis as voorbeeld te gebruik en oor die vangtaktiek daarvan uit te brei. Ek weet dat geelstert seker die interessantste sal wees, maar kom ons praat eers oor die hotnotsvis. Dié is omtrent altyd daar maar baie keer is dit so dat dit ook maar nie lekker gaan nie en wie gaan nou nee sê indien daar iets ekstra geleer kan word? Dis nou indien jy dit nie alreeds weet nie.

Ons het voorheen al gemeld van faktore soos dun lyne, klein hoekies, verskillende tipes stroppe en al die ander goed waarna jy moet oplet  --  maar hier volg nou iets anders. Almal weet vir seker dat meer as een soort aas altyd aan te beveel is, maar wat van ‘n kombinasie? Wat uitstekend werk is wanneer jy klein repies bloukoppieaas gebruik, dit een keer deur jou hoek steek, dan ‘n baie klein stukkie (so vars as moontlik) sardynaas, dubbelslag deur die hoek, en dan weer deur die bloukoppie. Die twee asies lê langs mekaar en nie die een onder die ander nie. Met twee hoeke aan twee langerige stroppe is dit ‘n wenner. Dit sal ook baie help indien die aasvisse ontskub is. Gebruik ‘n glysinker en wat nog probeer kan word is die hoeke wat so gebind word dat dit los aan die gebinde oog hang. Dit alles maak die ase baie aantreklik en jy kan maar aanneem as die vis daar is sal hy byt! Hou egter die ander faktore ook in ag. Indien bogenoemde tegniek nie werk nie, verander gerus jou lyn, sit jou keppie agterstevoor op (dalk herken die vis jou nie!) en probeer weer.

Ek het van ‘n baie betroubare bron verneem dat daar streng opgetree gaan word teen onwettighede soos ondermaat vis (daar is nou baie klein kabeljoutjies) en ook indien nie by die kwota gehou word nie. Die suidooster gaan binnekort die kabeljouseisoen inwei en onthou ook dat ‘n vislisensie benodig word. Die visinspekteurs het ‘n werk om te doen so moet hulle nie verkwalik wanneer hulle jou bykom indien jy oortree nie.

Lekker vang, Seemeeu
 

Oppas vir die klein kabeljoutjies en hiers iets nuuts

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles