Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan

Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope week het ons op Sondag een van die belangrikste feesdae in die Christelike kerkjaar gevier! Paassondag! Die dag waarop ons Verlosser opgestaan het. Alle christene het sekerlik met groot opgewondenheid en blydskap hierdie Sondag gevier. Of nie? Wat het jy gedoen? Is daar nou, ‘n week later, nog ‘n gevoel van blydskap? Want Jesus het waarlik opgestaan!?

Die groot kuns van Christenskap is om nie te lank by die graf stil te staan nie. Jesus het waarlik die dood oorwin en elke Christen moet dit nie net onthou nie, maar ook leef soos ‘n oorwinnaar oor die dood: Voluit, met blydskap en opgewondenheid oor wat op ons wag!

Dis verseker: Met Jesus in jou lewe is daar nie tyd vir stilsit nie! Die pad saam met Jesus is ‘n pad van beweging – vorentoe – na ander mense toe wat op hierdie oomblik soekend is na betekenis vir hulle lewe. Daar is mense wat jou pad gaan kruis wat nie ware vrede in hulle lewe het nie. Daar kan baie redes vir ontevredenheid wees: ’n Gejaag na aardse besittings; gebroke verhoudings; onvergewens-gesindheid; verslawing en soek na genot in drank en seks. Maar die grootste rede hoekom mense ontevrede is, is omdat hulle verhouding nog nie in Jesus Christus rus gevind het nie!

Is jy op soek na ware vrede en rus? Luister dan weer na die boodskap van Jesus se Opstanding uit die dood:

Die verlede is agter ons - die dooie dinge is verby! Om te lewe in Jesus en vir Hom, beteken dat ons moet breek met die herinneringe aan ons ou lewe – dis klaar afgehandel met die vasspyker  van Jesus aan die kruis. Om nog te sit en tob oor wat ander aan jou gedoen het, jou eie foute of wat ook al in die verlede – die oop graf sê: Los uit! Maak los!

Pyn en hartseer verander nou in blydskap! Ewe skielik verander die pyn van Vrydag in die blydskap van Sondag! Ek ervaar ‘n nuwe opwinding in my oor wat kom en ‘n verwagting dat alles nou nuut is – en werklik beter gaan word.

Gaan en vertel dit nou aan ander! Die boodskap van Opstanding moet jou só opgewonde maak dat jy nie meer daaroor kan stilbly nie – en dat jy dit vir almal op jou pad wil gaan vertel, sodat hulle ook kan deel in jou blydskap. Die klein saadjie van hoop wat jy plant in iemand anders se hart, kan ontkiem en ontwikkel tot groot lewensvreugde en vrede. Jesus het waarlik opgestaan!

Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles