Bejaardes glimlag vir kameras

Bejaardes glimlag vir kameras

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die was onlangs die ene glimlagte onder Herberg-aan-See (HaS) se inwoners - hoe dan anders? Lede van Gansbaai Fotografieklub se aandag was spesiaal op hulle gefokus.

Die geleentheid was die klub se gemeenskapsprojek vir 2013 en vanjaar is besluit op die neem van foto’s van al HaS se inwoners. Daar is twee foto’s van elke inwoner geneem - een “gewoon” en een met ‘n Kersfeeshoedjie op die hoof. Drie stelle foto’s sal beskikbaar gestel word: een stel vir HaS Bestuurslede vir die aanbring op die inwoners se kamerdeure, een stel vir Gansbaai Courant om as die maandelikse verjaardagfoto’s te benut en dan die belangrikste: gratis gedrukte foto’s aan elke inwoner.


Regs is Jane Bailey in aksie vir die neem van ‘n foto tydens die HaS-projek, met haar dogter, Genevieve Bailey wat haar behulpsaam is

Die Bestuur van Gansbaai Fotografieklub het op 4 November ‘n “Bosberaad” in Tolbos Bistro gehou waartydens 2014 beplan is. “Ons leer uit ons foute en verbetering is altyd ‘n opsie in ons beplanning om dit vir lede so interessant en aangenaam as moontlik te maak,” het voorsitter Christo Wessels gesê.

‘n Voorlopige 2014 Jaarprogram is opgestel en klublede, asook voornemende lede, kan na ‘n opwindende fotografie-jaar uitsien.

Lede sal per e-pos op hoogte van sake gehou word, terwyl Gansbaai Courant ook vir die onderskeie aktiwiteite dopgehou kan word. Kennis kan geneem word dat die onderskrifte van twee foto’s op bladsye 4 en 5 in Gansbaai Courant van Donderdag, 24 Oktober 2013, foutiewelik omgeruil is. Die blom (Oop-tema) is deur Christo Wessels gefotografeer en die sjef (Tema: Emosies) deur Jane Bailey. Verskoning vir die fout word hiermee aangebied.

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 geskakel word, of skakel vir Linda Kloppers by 082-550-7313.

Hardus Botha

Bejaardes glimlag vir kameras

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles