“Die vreugdevolle uitdrukkings op die kleuters se gesigte met die oopmaak van die bokse met geskenkies het alles die moeite werd gemaak en dit was ‘n belewenis om dit te kon aanskou,” sê sers Adele Visser van Gansbaai SAPD. Sy en haar ma, Lucille Mangiagalli, Gansbaai se koördineerder van die Santa Shoebox Project projek, asook Connie Thomas, sekretaresse van die Masakhane Community Police Sub Forum, het die uitdeel van die geskenke te Masakhane Creché waargeneem. Hulle is deur Sandy Fairclough en Zelda Lipman van die Santa Shoebox Project projek in Hermanus bygestaan.
“Masakhane Crechè is ‘n tyd gelede geregistreer vir vanjaar se geskenke, maar volgende jaar word ‘n ander organisasie weer geregistreer,” vertel Adele. Die Santa Shoebox se bokse is gevul met onder andere klere, toiletware, opvoedkundige speelgoed en ‘n soetigheidjie. Bahalwe daarvan, het Gansbaai GPF self ook ingespring en lekkergoedpakkies vir elke kleuter opgemaak en geborg. Dan het Thalia van Chickeland ook nog “cub cakes” en koekies geborg - in geheel was dit dus ‘n groot geleentheid vir die opgewonde kleuters.
Om die vreugde verder te vergroot, het Connie ‘n storie wat deur Santa Shoebox geborg is, aan die kleuters voorgelees. “Ons opregte dank en waardering aan elkeen wat hierdie projek ondersteun het en hulle kan verseker wees dat dit met absolute en ongekende vreugde ontvang is,” sê Adele.
Verdere navrae kan aan Lucille Mangiagalli by 028-384-0973 of 074-181-1514 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by lucille.m@vodamail.co.za.
Hardus Botha
Vreugde oor Kersgeskenke
28 November 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.
Embrace Your True Value: A Weekend Challenge
I want to challenge you to claim time for yourself this weekend.
30 March 2024: Easter Doggy Fun Day: Fundraiser for BARC
Join us this Saturday afternoon, 30 March 2024, for a paw-some Easter Doggy Fun Day at The Boathouse Pub & Restaurant!
Golf Competition Results for 20 - 24 March 2024
Golf competition results for 20 - 24 March 2024.
Grootbos Foundation's Impact on Leucadendron Elimense Growth
Witness the beauty of success in conservation efforts with the Grootbos Foundation!