Pas op tog vir daardie baber

Pas op tog vir daardie baber

Gansbaai Courant

Die kabeljouseisoen is hier! Daar kan gestry word oor die aantal vis wat gevang word maar jy kan maar aannneem dat dit die tyd is om te probeer! Die fokuspunt sal sekerlik wees die area tussen Franskraal en die Gruis, maar verder aan Pearly Beach se kant toe en selfs verder behoort dit ewe lekker te gaan. Daar is reeds van die manne wat “ken van” wat gereeld spog met ‘n paar bielies. Dit is ook so dat heelwat kleiner kabeljoutjies gevang en nie teruggeplaas word nie waaroor die manne dalk gaan spyt kry! ‘n Vriendelike waarskuwing  --  die ouens met die blink goeters is bewus daarvan! ‘n Paar mooi steenbrasse is ook aangekeer. Die klein elfies wat oral ronddwaal kan lastig word.

Indien jy nie weet nie (en selfs al weet jy!) dat ‘n baber baie moeilikheid kan veroorsaak met daardie vinne van hom, moet tog nooit oorgerus raak indien jy hierdie visse moet hanteer nie. So pas het ek in hierdie slaggat beland toe ek ‘n piepklein baber van die hoek moes afhaal en die kantvin se doring solied in my vinger beland het. Juis omdat ek van die gevaar verbonde daaraan bewus was het ek eers die vin afgeknip van die vis en toe het dit gelyk asof dit deel van my was! Daar is ‘n weerhaak vooraan die vin wat ordentlik in jou vleis nesmaak en sorg dat die gif behoorlik deel van jou word. Ek het net een opsie gehad en dit was om deur middel van ‘n tang, die oorblywende stuk vin uit my vinger te ruk. Daarmee saam het ek toe ook van ‘n stukkie vingervleis ontslae geraak! (Kon dit dalk liewer probeer uitsny het) Dalk nie die beste oplossing nie, maar ek was minstens ontslae van my stukkie baber. Die probleem is die gif wat so in jou sisteem beland kan moontlik ‘n groot kopseer word. ‘n Praktiese oorweging is om warm vloeistof (sommer koffie) op die wond te gooi. (Die hitte is wat saak maak.) Ek glo dit het baie van die brandpyn geneutraliseer en dalk nog meer as dit beteken, hoewel ek steeds met ‘n rooi, geswolle vinger  opgeskeep sit. Die groot les is dat jy nooit oorversigtig kan wees nie.

Die kabeljouseisoen wat nou met ons is gaan groot opwinding maar ook geskarrel veroorsaak. Almal wat van hierdie visse wil vang (en hoekom nie?) gaan een of ander plekkie beset en hoop vir die beste. Deur dit alles moet nog versigtigheid en ook oordeel aan die dag gelê word. Veral die manne wat met die amperbootjies by Haaiklip gaan probeer moet baie versigtig wees. Die water verander baie gou en jy moet mos nog terug! Kom liewer môre weer!

Net so ‘n vinnige verwysing  --  indien jy met jou boot by Kleinbaai lanseer, en nie die situasie daar behoorlik ken nie, wees tog versigtig, ook met die uitkomslag en moet nooit oorhaastig word nie! Geniet die tydjie.

Groete,
Seemeeu 

Pas op tog vir daardie baber

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles