Pas op tog vir daardie baber

Pas op tog vir daardie baber

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die kabeljouseisoen is hier! Daar kan gestry word oor die aantal vis wat gevang word maar jy kan maar aannneem dat dit die tyd is om te probeer! Die fokuspunt sal sekerlik wees die area tussen Franskraal en die Gruis, maar verder aan Pearly Beach se kant toe en selfs verder behoort dit ewe lekker te gaan. Daar is reeds van die manne wat “ken van” wat gereeld spog met ‘n paar bielies. Dit is ook so dat heelwat kleiner kabeljoutjies gevang en nie teruggeplaas word nie waaroor die manne dalk gaan spyt kry! ‘n Vriendelike waarskuwing  --  die ouens met die blink goeters is bewus daarvan! ‘n Paar mooi steenbrasse is ook aangekeer. Die klein elfies wat oral ronddwaal kan lastig word.

Indien jy nie weet nie (en selfs al weet jy!) dat ‘n baber baie moeilikheid kan veroorsaak met daardie vinne van hom, moet tog nooit oorgerus raak indien jy hierdie visse moet hanteer nie. So pas het ek in hierdie slaggat beland toe ek ‘n piepklein baber van die hoek moes afhaal en die kantvin se doring solied in my vinger beland het. Juis omdat ek van die gevaar verbonde daaraan bewus was het ek eers die vin afgeknip van die vis en toe het dit gelyk asof dit deel van my was! Daar is ‘n weerhaak vooraan die vin wat ordentlik in jou vleis nesmaak en sorg dat die gif behoorlik deel van jou word. Ek het net een opsie gehad en dit was om deur middel van ‘n tang, die oorblywende stuk vin uit my vinger te ruk. Daarmee saam het ek toe ook van ‘n stukkie vingervleis ontslae geraak! (Kon dit dalk liewer probeer uitsny het) Dalk nie die beste oplossing nie, maar ek was minstens ontslae van my stukkie baber. Die probleem is die gif wat so in jou sisteem beland kan moontlik ‘n groot kopseer word. ‘n Praktiese oorweging is om warm vloeistof (sommer koffie) op die wond te gooi. (Die hitte is wat saak maak.) Ek glo dit het baie van die brandpyn geneutraliseer en dalk nog meer as dit beteken, hoewel ek steeds met ‘n rooi, geswolle vinger  opgeskeep sit. Die groot les is dat jy nooit oorversigtig kan wees nie.

Die kabeljouseisoen wat nou met ons is gaan groot opwinding maar ook geskarrel veroorsaak. Almal wat van hierdie visse wil vang (en hoekom nie?) gaan een of ander plekkie beset en hoop vir die beste. Deur dit alles moet nog versigtigheid en ook oordeel aan die dag gelê word. Veral die manne wat met die amperbootjies by Haaiklip gaan probeer moet baie versigtig wees. Die water verander baie gou en jy moet mos nog terug! Kom liewer môre weer!

Net so ‘n vinnige verwysing  --  indien jy met jou boot by Kleinbaai lanseer, en nie die situasie daar behoorlik ken nie, wees tog versigtig, ook met die uitkomslag en moet nooit oorhaastig word nie! Geniet die tydjie.

Groete,
Seemeeu 

Pas op tog vir daardie baber

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles