Blog

Geskiedkundige Sportdag vir Gansbaai Academia

Geskiedkundige Sportdag vir Gansbaai Academia

Gans-Berg Nuus / News

Geskiedkundige Sportdag vir Gansbaai Academia

Saterdag, 22 Julie 2023 kan sonder twyfel as ‘n geskiedkundige sportdag vir Gansbaai Academia gesien word. Dit was hulle eerste wedstryd in die skool se bestaan dat hulle teen ‘n oorsese spanne (rugby en netbal) gespeel het - en dit het glad nie té sleg gegaan nie. Mnr Theuns van Schoor, Hoof Sportkoördineerder en Waarnemende Adjunkhoof van Gansbaai Academia, het hierdie groot geleentheid gereël.

Die Samuel Whitbread Academy van Sheffield, Engeland het besoek afgelê en die 1ste span (o/19A) rugbyspelers, asook die o/19A en o/16A netbalspelers van Gansbaai Academia het aan die wedstryde deelgeneem. Die Sharkies het hulle harte uitgespeel, maar kon ongelukkig nie ‘n oorwinnings behaal nie - die Whitbread-span se veel groter rugbyspelers speel hoë vlak rugby. Aanvanklik is dit algemeen aanvaar dat die uitslag van die wedstryd ‘n ‘kriekettelling’ sou oplewer. Die Sharkies het egter gewys waartoe hulle in staat is en met slegs 7-17 verloor - hulle word nie verniet die ‘Manne met die Tande’ genoem nie! Gansbaai Academia se netbal spelers se eindtellings was 5-25 (o/19A) en 10-14 (o/16A).

“Die toerspan het verskeie wedstryde gespeel en ek het die geleentheid met altwee hande aangegryp om te reël dat hulle laaste wedstryd hier by ons gespeel moet word,” het Theuns gesê. “Dit beteken baie vir ons spelers en ek vertrou voluit dat daar nog sulke geleenthede sal opduik.” Hy het ook gesê dit is wonderlik om op só ‘n hoë vlak vriendskapsbande te smee. Na afloop van die onderskeie wedstryde is die Whitbreaders met ‘n gesellige funksie, ‘n vingerete en burgers, in die skoolsaal onthaal - en natuurlik was die Marimba Orkes op hulle stukke met Marimba-musiek wat die Whitbreaders terdeë geniet het - tot groot vermaak van almal, het ‘n groep van hulle met die Marimba-danspassies probeer byhou!

“Today, it is a privilege and honour to stand before you and express our deepest gratitude on behalf of the Sharky nation,” Miss Carien Fortuin, Principal, said. “Thank you for choosing Gansbaai Academia as your final South African team to participate against.” She also said that Gansbaai Academia made history by playing their first International games. “We are hopeful that this will be the start of more interaction in years to come,” Carien said. I am sure that you would not forget today’s games as ab encounter with a shark is not something one ever forgets, if you live to tell the tale….” 

 
Hardus Botha
Image 1
Image 2
Image 3
Geskiedkundige Sportdag vir Gansbaai Academia

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles