Straatfees

Straatfees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 9 finaliste vir vanjaar se Mej Fees van die Ganse, met vlnr Shahida Jacobs, Nikita Coetzer, Shane Aukamp, Claudia Weich, Mariska Maers, Cameron Stephens, Ivané Cornelius, Renayacia Pietersen en Tertia Pietersen. Voor sit 2012/13 se Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill.

Gansbaai se langverwagte Dorps-/Straatfees is op hande - op versoek van die gemeenskap en vir die gemeenskap. Die feestelike stemming van vanjaar se Fees van die Ganse begin reeds op Vrydagaand, 6 Desember met die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies. Ná hierdie lusmaker, wag die Fees op Saterdag, 7 Desember - dus ‘n Feestelike naweek spesiaal vir Gansbaaiers, maar ook vir besoekers. Vrydagaand om 19:00 begin die naweek se feestelikheid met ‘n optog vanaf Gansbaai munisipaliteit na die area voor Gansbaai OK Foods. Daar wag opwindende kunstenaarsvermaak deur plaaslike kunstenaars, asook die finaliste vir Mej Fees van die Ganse wat ‘n laaste kans gaan kry om hul skoonheid en talente met die beoordelaars te deel.

Om 20:00 word die Kersliggies aangeskakel en direk daarna vind die kroning van Mej Fees van die Ganse plaas, wat deur Elzaan van Lill, 2012/13 se Mej Fees van die Ganse behartig sal word. Vanjaar se 9 finaliste is: Shahida Jacobs, Nikita Coetzer, Shane Aukamp, Claudia Weich, Mariska Maers, Cameron Stephens, Ivané Cornelius, Renayacia Pietersen en Tertia Pietersen. Etlike stalletjies sal beskikbaar wees - kom geniet die feestelike “dorpsaand” en kom kuier gesellig saam.

Saterdag begin die “sports” - ‘n Straatfees der Straatfeeste met bekende Matt Hurter as seremoniemeester tydens die optredes van die kunstenaars - met sowat 15 plaaslike kunstenaars, dansers, die Manne van Baardskeerdersbos en die hoofkunstenaar Wynand Windpomp. (Sien program op bl 9). Vele stalletjies, genoeg eetplekke, toiletgeriewe en alles wat nodig is sal beskikbaar wees om benut, gebruik en geniet te word. Om 12:00 sal die pas-gekroonde Mej Fees van die Ganse, haar prinsesse in ‘n spesiale voertuig, asook enkele ander voertuie en motorfietse vanaf Gansbaai Toerisme aan ‘n parade in Hoofstraat tot by Gansbaai Markplein in die midde-dorp deelneem. Vanjaar se Fees is ‘n nuwe konsep, maar vele sal uit “foute” geleer kan word en die komitee voel baie positief oor ‘n suksesvolle Feesnaweek. Laaste nippertjie-navrae kan aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gerig word.

Hardus Botha

Straatfees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles