VLV Gansbaai Nuus

VLV Gansbaai Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nuwe Bestuur (foto verskaf)

Dinsdagaand het Gansbaai VLV hul prys uitdeling gehou asook die afsluiting vir die jaar.

Ons het hierdie jaar afgeskop met soveel ywerige dames wat aan kompetisies deelgeneem het,  deurgedring het na konferensie in Villiersdorp, en van daar na die kongres in Stellenberg. Baie Geluk aan julle almal.

VLV hoogtepunt vir die jaar was in April, die Internasionale aand met 200 gaste wat kom reis het deur 10 lande, en tradisionele kos kon geniet. Ons maandvergaderings  is bygewoon deur nie minder  as 40 dames. Baie dankie aan al die sameroepers wat hierdie vergaderings so interessant gemaak het.

Dankie ook aan die Gansbaai Gemeenskap wat ons ondersteun het, en sprekers wat bereid was om sonder kostes, ons  te kom toespreek.

Esme van Dewenter (links) by stigterslid, tannie Silva (9O) wat haar 60ste knopie ontvang het. (foto verskaf)

Tannie Silva, een van ons stigterslede, wat elke vergadering bywoon het, het hierdie jaar haar 60ste knopie ontvang, en sy het in Julie 90 geword. 2013 se VLV Bestuur is onbestrede gekies, met Betty Knipe as nuweling.

Ons Kersfees "Hamper" is gewen deur Betsie Bester van Franskraal, Mariaan Lerm, Franskraal en Frank Tennik van Hermanus.

'n Spesiaale woord van dank aan die bestuur,  hulle ondersteuning en harde werk het gelei tot 'n baie suksesvolle 2013.

Ons nooi een en almal uit om gerus 'n draai te kom maak by die VLV. Ons vergader die eerste Dinsdag van elke maand om 15:00 in die Pretoriussaal.

2014 se Hoogtepunt is die 81ste Konferensie wat in Gansbaai aangebied gaan word. By voorbaat dank aan almal wat al begin help het met die beplanning daarvan.

VLV Gansbaai wens almal in die gemeenskap, VLV lede en besoekers, 'n baie vreugdevolle en Geseënde Christusfees en 'n Voorspoedige Nuwejaar toe.

Rienie Lüdick, Voorsitter

VLV Gansbaai Nuus

Rienie Ludick

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles