Pilla en Rita se Vergenoeg

Pilla en Rita se Vergenoeg

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pilla en Rita Groenewald word “vir oulaas” in hul huis, Vergenoeg in Hoofstraat afgeneem voordat hulle eersdaags na Perlemoenbaai verhuis

Pilla (91) en Rita (77) Groenewald het besluit dis nou “vergenoeg” en hulle verhuis eersdaags vanuit hul woning, Vergenoeg in Hoofstraat, na Perlemoenbaai. Nou het “Vergenoeg” letterlik vergenoeg geraak, maar ‘n Tehuis vir Bejaardes is nog lank nie hulle volgende tuiste nie. “Ons beweegrede vir die verhuising gaan hoofsaaklik om Rita se gesondheid,” sê Pilla. “Die huis, en veral die tuin, het te groot begin raak en vir haar gesondheid is dit beter dat ons na gemakliker omstandighede verhuis.” Rita vertel dat sy baie lief is vir tuinmaak, maar dat Vergenoeg se tuin vir haar te groot geraak het.

“Ek is baie lief vir tuinmaak, maar terwille van my gesondheid en my dokter se aanbeveling moet ek my tuinliefde maar onderdruk,” sê sy. Sy vertel dat sy self sowat 50 jaar gelede die planne vir Vergenoeg geteken het van hoe sy die huis wou hê en daarom is die verhuising vir haar des te meer moeilik. Vir Pilla beteken dit nie “gaan stilsit” en niks doen nie. Daarvoor loop hierdie man se vissersbloed te dik in sy are. Hy het reeds op 14-jarige ouderdom op sy pa se boot, Otto-Lena begin visvang en ook gedurende 1939 met die bou van die hawe-mure gehelp. Eers was dit haaie-vang op die Vaalgans, daarna skipper van Wilde Gans, skipper van Blougans en direksie-lid van die Koöperasie. Daarna die bote Steenbras en Steenbokkie, met ‘n groter boot, Gelderland gevolg en ná die oprigting van Gansbaai Marine fabriek was dit Berggans en daarna Bosbok.

Eers in ±1989 “klim hy” van Bosbok af en sy seun, Johan neem oor as skipper, met sy kleinseun, Benito as stuurman. Steeds is daar van stilsit op 91-jarige ouderdom geen sprake nie, ook nie nou ná hulle verhuising nie. Hy benut steeds sy bestuursvernuf in die vissersbedryf en woon relevante vergaderings by.

Hardus Botha

Pilla en Rita se Vergenoeg

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles