Gansbaai Biblioteek

Gansbaai Biblioteek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Edna van der Linde by die Advent Kalender wat sy self gemaak het, wat spesiale verrasssings vir kinders gedurende Desember inhou

“Behalwe vir ons lede, is vakansiegangers hartlik welkom om van ons Biblioteeldienste gedurende die vakansietydperk gebruik te maak,” sê Sharman Geldenhuys, Gansbaai Biblioteek se Bibliotekaris. Sy sê voorwaardes sal geldig wees, terwyl ‘n versoek ook aan vakansiegangers gerig word om hul persoonlike besonderhede op die stelsel op datum te bring. Dan moedig sy ook kinders aan om boeke gedurende die vakansietydperk uit te neem. “Kinders moet ook kennis neem van ons gewilde Inkleurkompetisie vanaf 1 tot 20 Desember,” sê sy.

Een van die personeellede, Edna van der Linde, het ‘n pragtige Advent Kalender op eie houtjie ontwerp en gemaak. Sharman sê hierdie kalender gaan vele verrassings vir kinders gedurende Desember inhou. Sharman en haar personeel bedank graag almal vir die goeie ondersteuning, maar veral die gereelde skenkers van nuwe boeke op ‘n gereelde basis. “’n Spesiale dankie aan Bettie wat op ‘n maandelikse basis nuwe boeke aan ons skenk,” sê Sharman. Die Biblioteek se vriendelike en behulpsame personeel bestaan uit Sharman Geldenhuys (Bibliotekaris), Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase.

Gansbaai Biblioteek se gerieflike bedryfsure is steeds Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30, met die volgende uitsonderings. Vrydag, 6 Des: 09:30 - 13:00; Dinsdag, 24 Des: 09:30 - 13:00; Woensdag, 25 Des: Gesluit; Donderdag, 26 Des: Gesluit; Dinsdag, 31 Des: 09:30 - 13:00; Woensdag, 1 Jan: Gesluit; Donderdag, 2 Jan: Gesluit. Na die vakansieseisoen sal sake weer normaliseer. 

“Namens myself en die personeel wens ek elkeen van u ‘n ontspanne feesseisoen toe, met ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar, wat ek vertrou met vreugde, sukses en goeie gesondheid gevul sal wees,” sê Sharman. Enige biblioteeknavrae kan aan 028-384-8300 (Munisipale skakelbord) gerig word. 

Hardus Botha

Gansbaai Biblioteek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles