Kragte saamgesnoer

Kragte saamgesnoer

Gansbaai Courant

Gerrit Jooste, Naideen Hickman, Rene Vermeulen en Johan Jooste

Die eienaars van Jannas Plaaskombuis, Gerrit en Johan Jooste, wil van hierdie geleentheid gebruik maak om Naideen Hickmann, nou mede-eienaar van Jannas, in Gansbaai welkom te heet.

Naideen is bekend in die gasvryheids-bedryf en Mosselbaai omgewing. Sy het onder meer op 'n gereelde basis vir wyle mnr PW Botha, Emsie Schoeman, Gé Korsten, Hansie Cronjé en ander bekendes reggestaan. Vir die afgelope 20 jaar besit sy 'n koffie-, en eksklusiewe geskenkwinkel.

Naideen het sedert 1968 'n sterk verbintenis met Gansbaai. Sy het Kallie Groenewald met wie sy later getroud is hier ontmoet. Haar ouers, Sidney en Sally Moss, het hier kom aftree en dit is dan ook op Gansbaai waar hulle hul laaste rusplek gevind het. Dit is die rede hoekom sy Gansbaai as haar aftreedorp gekies het. "Gansbaai het nog altyd 'n baie spesiale plek in my hart gehad."

Gerrit het onlangs sy studies in Sielkunde en Berading voltooi. "Dit is dié dat ek so skaars by die winkel was die laaste tyd. Ek wil nou meer tyd in my studierigting spandeer. Johan raak meer en meer betrokke by die beplanning van funksies en troues en tyd raak dus al meer en meer 'n probleem."

Jannas lê ons egter baie na aan die hart en ons sal nog steeds van tyd tot tyd nou betrokke wees. Die elke dag werk-saamhede los ons nou in die bekwame hande van Naideen en ons nuwe bestuurderes, Rene Vermeulen, wat geen bekendstelling in Gansbaai nodig het nie. Ek en Johan sal meer op die agtergrond funksioneer.

Daar is egter groot planne in die pyplyn aangesien Naideen 'n tweede winkel in Gansbaai open (op die hoek van Hawe– en Kerkstraat). Wat ons met "Fynbos"  beoog is 'n meer "eksklusiewe koffiewinkel" met gesonde, ligte etes wat ook voorsiening maak vir spesiale dieet behoeftes. Daar sal ook natuurlik heerlike, (minder gesonde...) koek wees om u gesonde ete mee af te sluit.

In ons wynhoekie het ons 'n groot versameling plaaslike wyne en dit maak ideale kersgeskenke. Daar sal ook 'n breekware-afdeling wees wat onder meer die volledige reeks Maxwell en Williams aan, kristalglase vir 'n spesiale geleentheid en 'n pragtige servet-versameling huisves. Daar is kerse, eetserviese en 'n eksklusiewe reeks duursame kunsblomme om 'n spesiale geleentheid of u woning te komplemen-teer.

Ons werk so hard as moontlik om "Fynbos", die onderste winkel, te open voor die seisoen in volle swang is, maar ons kan u belowe daar is baie om na uit te sien en dit sal beslis 'n groot aanwins vir ons gemeenskap wees.

Ons nooi u vriendelik uit om kennis te kom maak!!

Kragte saamgesnoer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles