Kragte saamgesnoer

Kragte saamgesnoer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gerrit Jooste, Naideen Hickman, Rene Vermeulen en Johan Jooste

Die eienaars van Jannas Plaaskombuis, Gerrit en Johan Jooste, wil van hierdie geleentheid gebruik maak om Naideen Hickmann, nou mede-eienaar van Jannas, in Gansbaai welkom te heet.

Naideen is bekend in die gasvryheids-bedryf en Mosselbaai omgewing. Sy het onder meer op 'n gereelde basis vir wyle mnr PW Botha, Emsie Schoeman, Gé Korsten, Hansie Cronjé en ander bekendes reggestaan. Vir die afgelope 20 jaar besit sy 'n koffie-, en eksklusiewe geskenkwinkel.

Naideen het sedert 1968 'n sterk verbintenis met Gansbaai. Sy het Kallie Groenewald met wie sy later getroud is hier ontmoet. Haar ouers, Sidney en Sally Moss, het hier kom aftree en dit is dan ook op Gansbaai waar hulle hul laaste rusplek gevind het. Dit is die rede hoekom sy Gansbaai as haar aftreedorp gekies het. "Gansbaai het nog altyd 'n baie spesiale plek in my hart gehad."

Gerrit het onlangs sy studies in Sielkunde en Berading voltooi. "Dit is dié dat ek so skaars by die winkel was die laaste tyd. Ek wil nou meer tyd in my studierigting spandeer. Johan raak meer en meer betrokke by die beplanning van funksies en troues en tyd raak dus al meer en meer 'n probleem."

Jannas lê ons egter baie na aan die hart en ons sal nog steeds van tyd tot tyd nou betrokke wees. Die elke dag werk-saamhede los ons nou in die bekwame hande van Naideen en ons nuwe bestuurderes, Rene Vermeulen, wat geen bekendstelling in Gansbaai nodig het nie. Ek en Johan sal meer op die agtergrond funksioneer.

Daar is egter groot planne in die pyplyn aangesien Naideen 'n tweede winkel in Gansbaai open (op die hoek van Hawe– en Kerkstraat). Wat ons met "Fynbos"  beoog is 'n meer "eksklusiewe koffiewinkel" met gesonde, ligte etes wat ook voorsiening maak vir spesiale dieet behoeftes. Daar sal ook natuurlik heerlike, (minder gesonde...) koek wees om u gesonde ete mee af te sluit.

In ons wynhoekie het ons 'n groot versameling plaaslike wyne en dit maak ideale kersgeskenke. Daar sal ook 'n breekware-afdeling wees wat onder meer die volledige reeks Maxwell en Williams aan, kristalglase vir 'n spesiale geleentheid en 'n pragtige servet-versameling huisves. Daar is kerse, eetserviese en 'n eksklusiewe reeks duursame kunsblomme om 'n spesiale geleentheid of u woning te komplemen-teer.

Ons werk so hard as moontlik om "Fynbos", die onderste winkel, te open voor die seisoen in volle swang is, maar ons kan u belowe daar is baie om na uit te sien en dit sal beslis 'n groot aanwins vir ons gemeenskap wees.

Ons nooi u vriendelik uit om kennis te kom maak!!

Kragte saamgesnoer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles