Suksesvolle Kunsuitstalling

Suksesvolle Kunsuitstalling

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van die kunstenaars tydens Marie Reid se kunsuitstalling, met vlnr Liezel Mostert, Susan Le Roux Wagenaar, Angelique Nagel, Monika Matthee, Marie Reid, Heinrich du Plessis, Jeanre de Bod en Martha van der Westhuizen.

Nege kunstenaars het aan die Gansbaai Kunsuitstalling wat op 22 en 23 November in die Katolieke Kerksaal aangebied is, deelgeneem. “Ek het die uitstalling gereël omdat ons so baie van Baardskeerdersbos se Kunsroetes lees, terwyl ons uitmuntende kunstenaars in en om Gansbaai het,” vertel Marie Reid van Marie’s Boutigue, Art & Beauty Shop.

Marie skilder self ook, maar het besluit om die uitstalling net te reël en te organiseer, waaraan 10 kunstenaar deelgeneem het. “Ek is dankbaar dat die uitstalling fantasties afgeloop het, met van die kunswerke wat wel verkoop of bestel is,” sê Marie. “Daar is reeds groot belangstelling vir ‘n herhaling van hierdie kunsuitstalling vroeg volgende jaar.” Die twee dae het ook gesellig verloop en daar kon ontspanne en met verversings saamgekuier word terwyl die kunswerke besigtig is. Van die 10 kunstenaars wat aan die uitstalling deelgeneem het, is 7 skilderkunstenaars, naamlik Angelique Nagel, Ivy van Huyssteen, Liezel Mostert, Monika Matthee, Olga Carpenco, Petro van der Merwe en Susan Le Roux Wagenaar. Die ander 3 is fotografiese kunstenaars, naamlik Heinrich du Plessis, Jeanre de Bod en Martha van der Westhuizen. Die kunswerke wat uitgestal is, is goed en met vele komplimente deur die besoekers ontvang. Marie het sowat 5 jaar gelede by die Great White House met haar skilderkuns begin en is nou sowat 2 jaar die eienaar van Marie’s Boutigue, Art & Beauty Shop te Kerkstraat 42.

Belangstellendes rakende ‘n volgende kunsuitstalling kan vir Marie Reid by 083-310-1733 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by marie.bliksie@gmail.com.

Hardus Botha

Suksesvolle Kunsuitstalling

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles