Die draaiklub van Overberg het sy jaareindfunksie gehou op Saterdag 23 November. 12 Lede en hul gades het bymekaar gekom vir 'n heerlike braai aan huis van Attie en Alida Stander in Kleinbaai.
'n Paar manne wat baie belanggestel het in draaiwerk, het nie amptelik in 2010 bymekaar gekom. In April 2012 begin die Overberg Draaiklub Assosiasie as deel van die Overberg Houtwerkers Assosiasie. In die begin van 2013 staan die Draaiklub op sy eie bene, alhoewel heelwat van die lede aan beide klubs behoort. Die draaiklub spog met 22 lede, waarvan 2 Dames is, 5 van Hermanus, en 1 van Kleinmond. Die maandvergaderings word baie goed byge-woon, en te oordeel aan die items wat die lede gebring het vir tentoonstelling by die braai, is dit 'n riem onder die hart om te sien dat daar opgelet en ingeneem word by die die vergaderings.
Een van die hoogtepunte was die Pendemonstrasie wat Hannes Lüdick, Voorsitter van die Klub, aangebied het. Daar is vele Gans-baaiers en elders wat nou spog met 'n pragtige gedraaide houtpen. Die ander hoogtepunt was 'n "Peper Mill" kursus, ook aangebied deur Hannes. Die Draaiklub vergader elke 2de Donderdag in die maand, en skop al vroeg in Januarie af. Die klub is oop vir almal, oud en jonk asook dames. Hannes bied ook draaiklasse en spesialiteit draai kursusse aan. Overberg Draaiklub wil dan hiermee aan al sy lede, Gansbaai Gemeenskap en Besoekers 'n Geseënde Christus Fees toewens en 'n baie Voorspoedige Nuwejaar.
Overberg Draaiklub Assosiasie
05 December 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Florilegium Developing Story
These images tell a story that we plan to share using botanical art.
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
Gans-Berg News - 24 April 2026
This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience
Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.
When Inner Worth Meets Outer Reality
It is about the gap between what we expect externally…











