DRAFSTAP geweld teen vroue en kinders DISNIS

DRAFSTAP geweld teen vroue en kinders DISNIS

Gansbaai Courant

Elke jaar – op elk van die 16 dae wat op 25 November begin en tot 10 Desember duur - word Suid-Afrikaners wat die mishandeling van vroue en kinders teenstaan gevra om iets daadwerkliks daaraan te doen. Deurte kom draf of saam te stap en R10 by te dra, kan elkeen hardop NEE vir die euwels sê en Badisa help om hulle elke dag van die jaar te help uitroei.   

Alle Run/Walk for Life-klubs en Badisa in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap het kragte saamgesnoer en deur die klubs tydens die 16-dae tydperk te nader en R10 vir ’n stappie of draffie te betaal, kan elkeen wat omgee ’n verskil ten goede meebring in die lewens van kinders en vroue wat voortdurend vrees dat hulle misbruik of aangerand gaan word. U R10 sê NEE vir verkragting, mishandeling, geweld en die miskenning van ’n ander se menswaardigheid en self-respek.

Badisa is ’n maatskaplikedienste organisasie wat kinder-beskerming, jeugontwikkeling en bejaardesorg in die Noord-, Wes- en Suid-Kaap en die Karoo op ’n professionele grondslag aanbied. Bykans ’n miljoen lewens word elke jaar op dié wyse positief geraak. Desondanks bly Badisa grootliks op bydraes deur maatskappye, individue en tien rande soos u s’n vir sy belangrike taak afhanklik. 

“Daar gaan omtrent nie ’n dag verby sonder skokkende nuus oor vroue of kinders wat verkrag of aangerand is nie en Badisa word oorval met versoeke om hulp,” sê ’n Badisa-woordvoerder.

“Suid-Afrika se verkragtingsyfer tel onder die hoogstes ter wêreld. Elke 46 sekondes word ‘n vrou iewers in die land verkrag; teen die tyd dat u hierdie gelees het was dit weer so. En dan sluit die syfers nie die gevalle in wat nooit aangemeld is nie.  Van die vroue word vermoor sodat hulle nie teen die oortreder kan getuig nie en selfs wanneer hulle dit oorleef,bly die nagmerrie in hul gedagtes. Babas van net ’n paar weke word verkrag. Badisa smeek almal – manne en vroue – om hul stem teen hierdie barbaarsheid te verhef.”

Badisa maak dit deel van sy taak om vroue en kinders in te lig oor maniere om hul gesinne te beskerm deur onaanvaarbare gedrag betyds aan te meld. Badisa se beskermingsplan sluit bystand in om vervolging suksesvol te laat verloop, ouerleiding  en  om gemeenskappe onder sy vlerk deurentyd paraat te hou.  

Die afgelope 12 maande het die organisasie 899 mishandelde kinders, 515 seksueel-geteisterde kinders, 2 906 verwaarloosde kinders en 137 mishandelde vroue onder sy sorg gebring en ’n einde aan 478 gevalle van gesinsgeweld gemaak. Dis buiten sy ander werk om kinders deur liefdevolle huise aangeneem te kry, mense vir dwelmmisbruik te behandel en minder bevoorregte bejaardes in sy tehuise te versorg.

Besoek www.rwfl.co.za om u naaste Run/walk for Life-klub op te spoor en uit te vind wanneer en waar u vir u R10 kan saam draf of stap.  As u wil kan u dié dag in ’n uitrusting opdaag om die boodskap van nee-vir-geweld tuis te bring.   

’n Lys van deelnemende klubs en nader besonderhede oor die veldtog of oor Badisa self kan op www.badisa.org.za of Facebook/BADISA gevind word.

DRAFSTAP geweld teen vroue en kinders DISNIS

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles