Lekker vakansie

 Lekker vakansie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Aan die vakansiegangers, welkom en geniet julle tydjie hier. Wat die visvang betref  --  eintlik is daar nie te veel om oor te kla nie. Nou nie dat die vis oortollig is nie maar daar word heelwat kabeljou gevang (en ‘n paar magoeftas is al ingebring) en mooi steenbras word oor gespog. Meeste van die hengelaars weet dat Franskraal en die Gruis die in-plekke is. Nogtans moet jy weet hoe die getye in mekaar steek en die winde moet reg wees. Daarby is die benodigde aas ook baie belangrik. Gewoonlik is die hengelaar ingestel op òf met die stok te vang òf met ‘n boot uit te gaan. Beide sporte het sy eie voor- en nadele en indien jy nie seker is watter een om te beproef nie (dalk nog albei!), gaan steek maar kers op by iemand wat weet. Intussen --  die lekkergeit van ‘n boot. Indien die water nie so kwaai is nie en die vis besluit om gesig te wys is daar min sporte wat sal kan kers vashou hierby. Die verskeidenheid vis is groot, maar op die oomblik is die hotties nog vet, met ‘n ordentlike roman so tussenin. Dan is daar ook silwervis, en onthou daar is baie van hulle maar die wettige grootte is 35cm. So wees maar versigtig. Net vir die wis en die onwis is daar ook nog baie ander kleinvis wat groot genot verskaf. As ons by die groter menere kom praat ons van kabeljou, geelstert en geelbek. Die aas? Sardyn, tjokka, rooiaas en witmossel. Indien daar geelstert opduik kom ander ase ook in die prentjie.

Die manne met die lang stokke hoef natuurlik nie so puntenerig oor die weer te wees nie (wat veiligheid betref), maar moet steeds, om suksesvol te wees, die weer en water bestudeer. Wat op die oomblik taboe is is galjoen (ai tog!) en die baie elf wat nou gevind word gaan ook probleme veroorsaak. Daar is so ‘n wye verskeidenheid plekke waar gehengel kan word dat dit onnodig word om op ‘n ander man te gaan staan. Dis nou een plek  --  die viswater  --  waar oordeelkundigheid baie beteken. By bogenoemde ase kom nog baie ander wat dalk net sukses met die stok kan beteken. Om maar net ‘n paar te noem  --  krewels, wurms (en daar is baie soorte van hulle). Dan is die voorbereiding van die lyne en die aansit van die ase ook ‘n groot faktor. Moet nie in die versoeking gestel word om ondermaatvis te hou nie, daar ís manne met skerp oë wat dophou. Te veel en te klein vis, oppas!

Daar is nuwe reëls wat kreef betref, maak asb. seker daarvan.

Geniet die tydjie by die see. Dis net te lekker om jou vissie te braai wat jy self gevang het!!

Groete, Seemeeu

 Lekker vakansie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles