Kersmark goed op dreef

Kersmark goed op dreef

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sedert die openingsdag op Saterdag, 7 Desember is die Kersmark vinnig besig om spoed op te tel. Ondanks die geweldige wind van Saterdag, het ‘n tou mense gereed gestaan om in te gaan, met ‘n besoeker wat gesê het: “Vergeet nou van die stormwind en maak oop die deure sodat ons kan inkom!”

Daar is weer eens ‘n groot verskeidenheid van geskenke en Kersgeskenke wat aangekoop kan word, asook die gebruiklike restaurant op die verhoog waar die innerlike versterk kan word. Die tema van vanjaar se pragtige en kunstige versiering van die voorportaal en verhoog is “ruimtelik” - pragtig en die moeite werd om te sien! Die Kersmark se bedryfsure is steeds elke weeksdag en Saterdae vanaf 09:00 tot 18:00. Sondae is dit gesluit. Bykomend is dat daar nog twee aandmarkte sal wees: Vrydag, 13 Desember en Vrydag, 20 Desember. Op hierdie twee dae sluit die Kersmark dus nie om 18:00 nie, maar eers om 21:00 wat dit gerieflik maak vir werkende mense. Die laaste geleentheid vir Kersinkopies is op Saterdag vanaf 08:00 tot 14:00, waarna vanjaar se Kersmark sal sluit.

Die organiseerders, Thys en Linda Cilliers bedank almal byvoorbaat vir die ondersteuning, asook die vrywillige werkers wat reeds lank voor die tyd baie hard gewerk het om alles in plek te kry. Vir navrae kan Linda by 082-722-8604 geskakel word en Thys by 083-654-9507.

Hardus Botha

Kersmark goed op dreef

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles