Koor sing 2013 uit

Koor sing 2013 uit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Groot deel van die NG-Koorlede tydens hul vrolike afsluitingsfunksie, met voor 5de van links hulle koorleidster, Aletta Lochner, met die koorkomitee se voorsitter, ds Stoney Coetzee langs haar en die koorbegeleier, Annelene Reinke, langs hom. (Foto: Lientjie Venter)

Die NG-gemeente se koorlede het teen die einde van hulle onlangse jaarafsluitingsfunksie “al singende” van 2013 afskeid geneem - en dis nou nie van té veel kuier nie, maar juis omdat koorsang hulle groot, groot liefde is. Die voorsitter, ds Stoney Coetzee het die nodige verwelkoming hanteer en onder andere gesê: “Kyk ons agtertoe, sê ons Dankie en kyk ons vorentoe, dan sê ons Asseblief vir Genade!”

Na enkele spreekbeurte en vele opregte bedankings, is blyke van waardering aan onder ander die koorleier, Aletta Lochner en die koorbegeleier, Annelene Reinke oorhandig. Anita Botha en Amanda le Roux met hulle getroue helpers is spesiaal bedank vir die pragtige versiering van die Kerkgebou tydens die Kerssangdiens. Aletta se koorlid-eggenoot, Hennie Lochner, het ‘n spesiale blyk van waardering aan haar oorhandig, met die woorde: “Musikale mense het ‘n ‘klap weg’, want Aletta sit soms nagte deur met verwerkings vir die koor!” Ds Dirk van Dyk, self ook ‘n koorlid, het namens die gemeente en Kerkraad onder andere gesê: “Dit moet so wees dat die Here met liedere geloof moet word”.

Die bestaande Koorkomitee is bedank vir hulle harde werk en is eenparig vir 2014 herkies: ds Stoney Coetzee (voorsitter), Petrus du Preez, Jannie Botha, Pietie Botha, Helmie de Vries en Sunet Heyns. Koorlid Marie de Jager se dogter wat kom kuier het, Lientjie Venter, het die hele aand uitstekende en professionele foto’s geneem wat sy gratis in CD-vorm aan alle koorlede beskikbaar gestel het. Na die gesellige ete en saamkuier, is daar spontaan tot opgewekte samesang oorgegaan om ‘n suksesvolle koorjaar op ‘n gepaste wyse af te sluit.

Hardus Botha

Koor sing 2013 uit

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles