Blog

Overberg Kushengelklub gaan ‘GROEN’

Overberg Kushengelklub gaan ‘GROEN’

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengelklub gaan ‘GROEN’

“Die afgelope Saterdag, 19 Augustus 2023 is ‘n heel nuwe era vir lede van die Overberg Kushengelklub ingelui,” vertel Elba Tredoux van die klub. “Dit was ons eerste hengelkompetisie waar die beginsel van vang-en-loslaat (catch & release) toegepas is.”

Elba sê die besluit van ‘catch & release’ is eenparig deur die lede tydens die klub se onlangse Algemene Jaarvergadering geneem. “Hierdeur doen ons lede hulle deel om vir ons erfenis te sorg deur die krimpende visbronne te beskerm,” sê Elba. “Lede is ook in spanne ingedeel, wat sorg vir gesonde kompetisie.” Elba verduidelik dat elke lid van ‘n maatmat en kaart voorsien word, waarop vangstes vir die dag aangeteken word.

“Hierdie hengel-metode is ook in lyn met die ORI Tag Projek,” het Elba voorts gesê. “Hiervolgens word vrygelate vis van ‘n skyfie voorsien wat dan inligting oor beweging en groei gee sou die vis weer gevang word.” Sy verwys na ‘n onlangse voorbeeld waar ‘n galjoen, wat in Mei 2023 by Donkinsbaai (Weskus) gevang en vrygelaat is, 90 dae later by Maitlandrivier (Gqeberha) in die Oos-Kaap weer gevang is - ‘n verstommende 1 299km verder in drie maande - dus 14km per dag wat die galjoen geswem het! Dit blyk dat die vis nog steeds 33cm gemeet het. Baie soortgelyke waarnemings het dus die teendeel bewys van die ou denke dat galjoen gebiedsgebonde is. Elba sê hierdie tipe navorsing het ook bewys dat ‘n galjoen tot 25jr kan lewe - ongelooflik!

Die wedywering tussen die hengelaars was, volgens Elba, behoorlik ‘voelbaar’ gedurende die Saterdagaand, met Eddie de Jager wat as die wenner vir die dag aangewys is. Die tweede plek is deur Melchi Botha ingeneem en Eddy Byren het in die derde plek geëindig. ‘n Mooi totaal van 17 visse is gevang, met ‘n totale gewig van 27kg! ‘n Pragtige begin van gesonde wedywering!

“Heerlike musiek is gedurende die aand gemaak, gevolg deur ‘n bobaas-ete,” vertel Elba. “‘n Groot aantal lede en gaste het gesellig tot laat-aand-toe gekuier - wat ‘n feestelike aand was dit nie!”

 
Hardus Botha
Overberg Kushengelklub gaan ‘GROEN’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles