Birkenheaders beloon

Birkenheaders beloon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van die trofeë- en sertifikaatwenners van die Birkenhead Boothengelklub, met voor vlnr Philip Fourie, Raymond Rabe en Elna van Zyl. Agter vlnr is Gawie Krugel, Johan Burmeister, Jean Downing, André Hattingh en Piet van Zyl

Die bekende Birkenhead Boothengelklub se vissermanne en -vroue is ná ‘n jaar se boothengelkompetisies met vele sertifikate en trofeë beloon. Die oorhandiging van sowat 25 trofeë en sertifikate, asook sertifikate aan alle lede wat in die tweede plekke geëindig het, het tydens die klub se Jaareindfunksie op Saterdag, 30 November geskied. Die toekennings geld vir ‘n verskeidenheid van kategorieë van swaarste visse wat ingeweeg is.

Vanjaar se top-presteerders is:

Algehele Visvangkampioen - Johan Burmeister (98kg), met Gawie Krugel 2de met 77.36kg;
Algehele Bootkampioen - Nu-Nu (93.97kg) van Johan Burmeister en Gawie Krugel, met Jay-Bee 2 (53kg) van Piet van Zyl 2de;
Dame Visvangkampioen - Elna van Zyl (50kg), met Dixie Walsh (35kg) 2de.

Die res van die aand was “partytjie-tyd”, met Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Spyseniers wat vir ‘n smaaklike ete gesorg het. Soos gebruiklik het Raymond Rabe met sy Musiekfabriek gesorg dat die res van die aand gesellig verloop. Die klub se Algemene Jaarvergadering is die vorige aand gehou, met etlike positiewe besluite wat vir die nuwe jaar geneem is.

Die 2014-GenCom (Bestuur) is soos volg: Philip Fourie (voorsitter), Manie van Dyk (visie-voorsitter), Lorainne Fourie (sekretaris), Johan Burmeister (wedstrydsekretaris/veiligheidsbeampte), Johan Wiese (tesourier), Gawie Krugel (onderhoudsbeampte) en Hardus Botha (skakel-/mediabeampte). Raymond en Roza Rabe het hulle uittrede as bestuurslede aangekonding. Altwee was deel van die stigterslede op 21 Junie 1988 - 25 jaar gelede. Raymond dien sedert 1998 op die bestuur, met Roza wat sedert 1999 ‘n bestuurslid is. 

Sedert 2003 dien Raymond onafgebroke as voorsitter, ‘n tydperk van 10 jaar. Hulle het besluit dat “rustyd” aangebreek het, maar sal steeds as aktiewe lede van die klub aanbly. Kennis kan nou reeds van die Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse en gewilde Oujaarsdans op 31 Desember geneem word.

Kontak gerus vir Roza (082-890-6397), Johan (084-680-1269), (Philip (082-747-3634) of Lorraine (083-450-3653). 

Hardus Botha

Birkenheaders beloon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles