Gansbaai Tennisnuus

Gansbaai Tennisnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Saterdag 7 Desember het ons, Gansbaai Tennisklub, ons jaarlikse, gewilde tennisdag gehou. Die sterk wind het dit 'n buitengewone en interessante dag gemaak. Die tennis was nie van skouspelagtige gehalte nie, maar groot pret. Ten spyt van die weersomstandighede het 32 spelers opgedaag, gespeel en die dag geniet. So 'n dag gaan nie net oor die tennis nie, maar ook die samesyn, kuier en sportmansgees van al die spelers. Gansbaai Tennisklub het groot waardering vir elke speler se deelname. Baie deelnemers het al reeds hul deelname vir volgende jaar bevestig. Daar was net 2 groepe vanjaar. In die A-groep was daar 6 pare wat teen mekaar deelgeneem het. Die wenners was Graham Stieger (Gansbaai) en Carien Gooding (Hermanus) en die naaswenners was Leon Massyn (Swellendam)  en Emeke Stieger (Gansbaai).

In die B-groep was daar 10 pare wat in twee groepe eers teen mekaar uitgespeel het. In die finaal het Danie Swart (Struisbaai) en Celia van Blerk (Kleinmond) die dag ge-eindig as die wenners.

Die naaswenners was Abrie de Wit (Bonnie-vale) en Koba Dippenaar (Bonnievale). Die klub wil graag die volgende besighede en mense bedank vir hul bydrae tot ons tennisdag: Gansbaai Marine, Great White Shark Tours, White Shark Diving co., Fine & Country, OK Foods, Spar, Belmont Cash & Carry, Hermanus Liquor store, The Fish Lady, Pearly Beach Winkel, Kleinkaap Kwekery, Fabriekswinkel, Koos Geldenhuys (Old Mutual Worcester), Petrus Eiendomme, Salon Janine, Lisel en Deon Joubert, Ansie en Gerhard Germishuys, Jas en Alta van Niekerk, Eben Lourens en Desiree Blackburn-Hall.

Ons het groot waardering vir alle hulp, donasies en ondersteuning wat ons ontvang. Elke speler het met 'n prys huis toe gegaan. Ons nooi alle besoekers en plaaslike spelers om saam met ons te kom speel. Ons speel op Woensdagoggende om 9h30 by die munisipale bane en op Saterdagoggende om 9h30 by die skool se bane. Daar is heelwat tweedehandse balle (veral na die tennisdag) te koop teen R5 vir krieket speel op die strand of ou balle vir die honde om mee te speel teen R3.

Kontak my gerus.  
Tennisgroete

Daniel 072 1173473

Gansbaai Tennisnuus

Daniel

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles