Op 21 Desember 2013 bied Laerskool Gansbaai ‘n musiekfees aan wat ‘n jaar terug gebore is uit nood vir fondse wat benodig word vir die skool se beheerliggaamposte. Hierdeur kan ons verseker dat ons kinders van vandag die leiers van môre sal wees en net die beste onderrig moontlik kan ontvang. Dit is die skool se eerste prioriteit en ons wil graag daarop voortbou maar dit is nie haalbaar sonder fondse nie.
Met die resessie wat reeds ‘n paar jaar voortwoed, is Laerskool Gansbaai gedwing om twee beheerliggaamposte vir 2013 af te skaf en ’n derde pos te vervang met ’n Assistentpos. Lopende maandelikse kostes soos elektrisiteit, water, administratiewe uitgawes, salarisse, herstel en onderhoud maak dit vir die skool onmoontlik om sonder ’n addissionele inkomste die mas op te kom.
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement verskaf nege onderwysposte aan Laerskool Gansbaai vir ’n leerderratio van 1:38 en bied ook ’n jaarlikse finansiële bydrae vir leermateriaal en ander uitgawes wat ’n skamele 5% van ons jaarlikse begroting uitmaak. Hierdie bydrae is by verre nie genoeg om ons skool se begroting te laat klop nie. Slegs sowat 40% van ons ouers betaal jaarliks hul totale skoolfonds, 20% word ingevorder met regsprosesse wat tyd neem en sowat ’n verdere 40% vorm deel van kwytskeldings of word jaarliks afgeskryf as oninbaar. Met hierdie skoolfondse poog ons Laerskool om hul klasse se opvoeder/leerderratio klein te hou met 1:25 sodat gehalte onderrig toegepas kan word.
As u dus na bogenoemde situasie kyk, is daar geen ander alternatief as om fondsinsamelings te hou nie en daarom dan die BIG 2 TOWN MUSIEKFEES wat 21 Desember 2013 plaasvind TEN BATE van Laerskool Gansbaai.
Die fees sal oud en jonk vermaak met net die beste kunstenaars soos Wikus van der Merwe, Andries Vermeulen, Die Broers, Manie Jackson, Jan Rhaap, Adam Tas en Danielle de Villiers. ‘n Eerste in Gansbaai sal verseker die WWE STOEI wees wat hier gaan plaasvind.
MOENIE HIERDIE VERMAAK MISLOOP NIE.
Ingang is R100 vir volwassenes; R50 vir kinders tussen 7 en 17 jaar en voorskoolse kinders is gratis. Kaartjies is beskikbaar op die dag by ’n sentrale hek.
Van vroegdag af gaan hierdie kunstenaars heerlike vermaak verskaf en vir dié wat net wil rondloop, is daar hope snuffelstalletjies asook kosstalletjies te kus en te keur. Die kinders kan heeldag vermaak word met Merry-go-Roundritte. Vir feesgangers wat net rustig wil ontspan, kom kuier gerus in die biertent waar daar heerlike koue drinkgoedjies en wyn te koop aangebied sal word.
As organiseerder van hierdie fees besef ek dat ons almal huishoudelik- en besigheidsgewys gebuk gaan onder swaar en moeilike ekonomiese tye. Ek glo egter dat as ons almal hande neem, sal ons hierdie wa deur die drif kan trek vir Laerskool Gansbaai en sy kinders.
‘n Opregte dankie gaan aan Mnr Jannie Smit van Manitou vir sy bydrae tot die kunstenaars en Superspar Gansbaai vir die bemarking en advertensie tot die fees. Dankie aan elke ouer en onderwyser wat hulle beskikbaar gestel het om betrokke te wees by die fees. Dankie vir julle ongelooflike bydrae dit word opreg waardeer. Dankie vir ieder en elk in Gansbaai vir u positiewe gesindheid, vriendelike ontvangs en die hoflikheid wat ek telkemaal ervaar ter voorbereiding van die fees! Dit maak nie die organisering minder nie, maar met sulke ondersteuning maak almal dit beslis die moeite werd.
Kom geniet die fees saam met u familie en vriende!
Feesorgansiseerder, Chrizulene van Niekerk, Navrae: 082 873 6889
Big 2 Town Musiekfees word 2 jaar oud
19 December 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.