Die Werf BBos Wyne

Die Werf BBos Wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr sit Lalainya (dogter) en Stanley (skoonseun) Carpenter, Albert en Helena Swart en Marion Strach, vriendin uit Hamburg tydens Albert se wynproe-aanbieding van sy De Werf Wyne by Baardskeerdersbos

Die jaarafsluitingsfunksie van Gansbaai Wynproegilde te De Uilenes van Flippie en Staci Groenewald, het vanjaar vir “ekstra” opgewondenheid gesorg. Twee lede van die Wynproegilde het hul eie en “baie jong” wynkelder, Die Werf - B’Bos Wyne, se wyne te-proe aangebied. Albert Swart is die eienaar en wynmaker van Die Werf - B’Bos Wyne, met sy eggenote, Helena, as mede-eienaar en bemarker van die wynkelder in Baardskeerdersbos, sowat 3km buite Baardskeerdersbos. Helmie de Vries, voorsitter, het die Wynproegilde se trots teenoor die egpaar uitgespreek. Albert het met ‘n vriendin van hulle, Caroline van Baardskeerdersbos se versnit, ‘n Celestina Saugvinon Blanc Semillon (2012) begin, waarna hy sy eie wyne aangebied het. Twee van sy witwyne is geproe: Kappokbossie - Semillon 2013 en Vleitjie - Sauvignon Blanc 2013. Albert se drie rooiwyne is: Uitspan - Carbernet Saugvignon 2011, Rooipypie - Pinotage 2012 en Baardslaagte - Shiraz 2011. Sterk silwer-toekennings is deurgaans deur die gaste gemaak.

Ná ‘n lang beroepslewe, koop hy die plaas by Baardskeerdersbos in 2000 om uiting aan sy jarelange liefde vir die wynbedryf te gee. Hy begin eers later met die aanplant van wingerde en in 2009 begin hy met die maak van sy eie wyne. Die bou van ‘n Deli & Wynproelokaal in Baardskeerdersbos se hoofstraat is aan die gang en behoort teen Maart/April 2014 gefinaliseer te wees. Albert het geen formele opleiding in die wynbedryf deurloop nie, behalwe vir twee naweekkursusse aan die Universiteit van Stellenbosch. Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Spyseniers het vir ‘n smaaklike ete gesorg en die wynproeërs het tot laataand gesellig saamverkeer.

Vanjaar was dit Gansbaai Wynproegilde se 5de verjaardag, nadat dit op Dinsdag, 11 November 2008 deur Helmie en ‘n paar belangstellendes gestig is.

Vir bestellings en aflewering kan Helena by 079-528-1919 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by tolbos@mweb.co.za. 

Hardus Botha

Die Werf BBos Wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles