Blog

Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Gans-Berg Nuus / News

Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Baardskeerdersbos se Fynbos-Skaapkop Fees van Saterdag en Sondag (2-3 September 2023) is ‘n eerste van sy soort - met pret en plesier ‘vir Afrika’, vir oud en jonk! Die organiseerders het hulself elke jaar oortref met die aanbied van hulle Basaar en Skaapkopete (afsonderlik). Vanjaar was dit nie net ‘n kombinasie nie, maar ‘n absolute wenner - met 135 skaapkoppe, wat eintlik te min was!

Daar was stalletjies om van te kies en te keur en die voedselstalletjies het vir vingerlek-lekker eetgoed gesorg - om nie van die pannekoek-toue te praat nie. Die feesterrein en binnekant van die groot tent was ‘n miernes soos wat feesgangers alles bekyk en geniet het. Die gewilde Strandveld Boere-orkes was op hulle stukke. Pro Musica se kinder-boere-orkes het hulself met puik optredes onder leiding van Asanti Smit oortref. Ruben Lennox se sangstem het verdere luisterrykheid aan die fees-atmosfeer verskaf.

Die Fynbosuitstalling was fenominaal, met Adriaan Hanekom en Aletta Groenewald aan die stuur van sake. ‘n Berg in die kleine is aangebied, met ‘n koel watergat en massas fynbos. Die Fynbos-spesie uitstalling was ook besonder interessant - besoekers kon nie genoeg van die uitstalling kry nie en foto’s is geneem asof dit uit die mode is.

Sondag is ‘n spesiale Erediens gehou, met ds Hanri Joubert wat die boodskap gebring het. Baardskeerdersbos se Kerkorkes het opgetree, Laerskool Gansbaai se skoolkoor het gesing en Ruben Lennox het weer opgetree. Na afloop van die verrigting Sondag, is daar gesellig met koek en tee verder gekuier. Die organiseerders, wat baie hard gewerk het, is dit eens dat die Feesnaweek ‘n enorme sukses was.

 
Hardus Botha
Fynbos-Skaapkop Fees 2023: Baardskeerdersbos

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles