Danksegging goed bygewoon

Danksegging goed bygewoon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van die groep mense wat die Vissermans Dankseggingsdiens in Gansbaai Hawe bygewoon het

Die Interkerklike Vissermans Dankseggingsdiens op 8 Desember in Gansbaai Hawe is goed bygewoon en die verrigtinge het vlot verloop. “Ek is tevrede met die opkoms en is baie dankbaar dat die wind vanaand heelwat rustiger is as vroeër vandag en die vorige paar dae,” het Johan van Dyk, organiseerder gesê. Dr Tom Theunissen van Nuwe Hoop Bedieninge het die verwelkoming en openingsgebed waargeneem. Soos gebruiklik het die diens met hartlike samesang begin. Gewyde Afrikaanse en Engelse liedere is om die beurt gesing. Die begeleiers en voorsangers, Dirk en Eva Buchner, Mike Schröder en Adri Ehlers, asook Elize Schröder met die klankstelsel, het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Past Jacob Prins het die Engelse boodskap aan die toehoorders oorgedra. Hy het sy boodskap op Fil 4:4-7 baseer: “Gelowiges word opgeroep tot gebed midde groot krisisse - dit is al hoe redding sal kom.” Die Afrikaanse gedeelte is deur Lizette Janse van Rensburg aangebied. Lizette het die toehoorders met pragtige sang en persoonlike getuienis bedien. “Dit is vir my ‘n voorreg om te kan dankie sê vir elke keer wat die vissermanne veilig teruggekeer het,” het sy onder andere gesê. Past Frikkie Zeelie het soos gebruiklik seker gemaak die kinders wat soet gesit en luister het, ontvang elkeen ‘n pakkie lekkergoed om huis toe te neem. Die Vissermans Dankseggingsdiens is deur Gansbaai Marine geborg, wat opreg deur die organiseerders waardeer word.

Hardus Botha

Danksegging goed bygewoon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles