Blog

Om ‘n boot te koop

Om ‘n boot te koop

Gans-Berg Nuus / News

Om ‘n boot te koop

-Let op hierna!-

Deur die jare het daar al heelwat artikels verskyn waarin die voor- en nadele van bootkoop bespreek word, asook die slaggate wat kan voorkom. Daar is een aspek wat ek dink deesdae meer na vore kom en dit is die neiging om ‘n kleiner boot aan te skaf weens die nimmereindigende stygende brandstofpryse. Die idee is dat ‘n kleiner boot met sy ligter motors hierop sal bespaar - lees assebief verder en besluit dan wat jou te doen staan wanneer jy voor hierdie keuse gestel word.

Kom ons neem aan jy het reeds die keuse gemaak en jy is nou die trotse besitter van ‘n kleiner boot (4 meter of net-net oor), asook twee 25 pk. motors. Daarby saam gaan alle veiligheidstoerusting, GPS, asook ‘n visvinder en magtiging om nog 3 persone te vervoer en boonop mag jy 15 seemyl dek.

Indien jou idee was om slegs van mooiweersdae gebruik te maak en binne een seemyl te bly en “dat jy darem nog op die see sal kan kom”, asook die voorneme het dat jy streng daarby sal hou, hoef jy nie verder te lees nie. Maar jy lê eendag net so buite die hawe, vang ‘n paar hotties en ‘n roman en verlang skielik na daardie 50m+ diep plekkie waar jy altyd die mooi silwervisse gevang het, en jy tel 2 en 2 bymekaar - jy gáán dit waag, maar jy gaan net drie man saamneem, jy is mos veiligheidsbewus. Toe, op ‘n lieflike en windstil dag, doen jy dit en jy beland op jou geliefde hengelplekkie. Die groot silwervisse laat waai en julle stroppe word gereeld afgebyt, en julle vang! Skielik begin daar so ‘n ligte westewindjie waai en jy besluit wyslik om terug te keer. Jy toets eers hoeveel petrol oor is en voeg so ‘n paar liter by.

Die pad terug voel ekstra lank en die windjie begin woel, dit voorspel niks goed nie. Al oorweging wat jy nou het is om so gou moontlik tuis te kom. Die motors moet uithaal, en minder branstofgebruik tel nie meer nie. Dit lyk egter asof jy te stadig vorder, maar uiteindelik lê die hawe hier voor jou, en weer moet jy brandstof byvoeg. Eers by die huis werk jy jou verbruik ordentlik uit en kry ‘n liederlike skok - jou verbruik is hemelhoog - en net drie man moet opdok!

Die hele punt hier is dat jy hierdie kleiner boot aangeskaf het vir besparing, maar jy sou met die groter boot met sy kragtiger enjins vinniger, veiliger en selfs goedkoper oor die weg gekom het. Hou asseblief hierdie feite in gedagte voordat jy hierdie verandering van bote wil deurvoer. Omstandighede kan onvoorsiene gevolge hê!

 
Albert Potgieter
Om ‘n boot te koop

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles