Flower Valley Voorskool se gradeplegtigheid

Flower Valley Voorskool se gradeplegtigheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Drie van die Flower Valley Voorskool se kinders het gegradueer, en sal van volgende jaar af laerskool toe gaan. Die drietjies het amptelik gegradueer gedurende die Flower Valley Voorskool se einde van die jaar konsert.

Melvin Botha en Johlene Fortuin sal volgende jaar hul laerskool onderrig op Laerskool Gansbaai voortsit, terwyl Johnay Moos ‘n plaaslike laerskool by Langverwacht sal bywoon.

Die 19 kindertjies in die Flower Valley Voorskool het ook ‘n konsert vir hul ouers opgevoer in Gansbaai as deel van die feesseisoen vieringe. Daarna het Kersvader ‘n draai gemaak, om die kinders te verras met geskenke. Die suksesvolle konsert het ook as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid gedien, om verder die skool te ondersteun.

Die skool bied ‘n onderrig aan kinders tussen twee en ses, insluitend kinders van die plaaslike gemeenskappe.

Die skool se onderrig beklemtoon omgewingsopvoeding, en die skool is ‘n lid van die Eko-Skole Program. Die Eko-Skole kurrikulum sluit in temas soos: Die Natuur en Biodiversiteit, Gesonde Leefstyle en die Gebruik van Hulpbronne. Die 2013 Eko-Skole tema was: Water vir Almal.

Terwyl 2013 op ‘n positiewe noot geëindig het vir die Flower Valley Voorskool, lyk 2014 net so positief. Die skool het reeds 17 uit ‘n moontlike 20 lede bevestig om volgende jaar die skool by te woon. Die skool dien ook tans as ‘n demonstrasie skool onder ‘n breër vroeë kinderontwikkelings-program wat in die Gansbaai area uitrol.

Vir meer inligting oor die skool, kontak Natasha Forbes. Email: elc@flowervalley.co.za.

Flower Valley Voorskool se gradeplegtigheid

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles