HaS se Goue Hande Kersete

HaS se Goue Hande Kersete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News



Die immergewilde NG-Kerkkoor wat luisterrykheid aan Gansbaai Goue Hande se Kersfunksie aan Herberg-aan-See verleen het


‘n Deel van Gansbaai se Goue Hande wat deur Suster Linda Meyer (links) bedank word vir hulle onbaatsugtige werk regdeur die jaar

Dit was weer tyd vir ‘n gesellige Kersfunksie deur die Gansbaai Goue Hande aan die inwoners van Herberg-aan-See (HaS). In haar bedankingsrede het Suster Linda Meyer na die Goue Hande as “Goue Hande, Goue Harte en Goue Alles” verwys. Hierdie besonderse groep dames onder leiding van Francia van Dyk lewer reg deur elke jaar buitengewone en gewaardeerde dienste aan HaS. “Hulle liefdadigheidswerk draai nie net om etes nie, dit sluit ook fondsinsamelings-projekte, hare doen, voet- en naelversorging, sport, terapetiese speletjies, oefeninge en veel meer in,” het Linda gesê.

‘n Gesellige atmosfeer met die aansit by versierde tafels

“En hulle staan altyd gereed en is altyd daar!” Marlene Verster het die inwoners se aandag vasgevang met haar “Toeka-se-dae” storietjies en daar is heerlik saamgelag oor die verhaaltjies. Die personeel van die onderskeie afdelings in die Tehuis is ook spesiaal deur Linda vir hul getroue arbeid bedank en aan almal voorgestel. Die gewilde NG-Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner, met begeleiding deur Annelene Reinke, se koorsang is terdeë deur die inwoners geniet. Met die sing van Stille Nag, Heilige Nag het Aletta verdere harmonie aan die lied met haar pragtige diskant-sang as sopraan verleen. Na die afhandeling van formaliteite, het net een saak oorgebly: die uitdeel van geskenkpakkies deur Gansbaai Goue Hande en die geniet van smaaklik verversings, lekkernye en gesellige saamkuier.

Hardus Botha

Tyd vir die uitdeel van Kersgeskenkies en lekkernye

HaS se Goue Hande Kersete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles