Gansbaai Gholfnuus

WOENSDAG 11 Desember

Woensdag 11 Desember se Enkel Stable ford  kompetisie is gewen deur Bev Swart (41) gevolg deur Johan Kruger (40), George Hunt (36), Solly Wessels (36) en Johannes vd Walt (36).

Bev spog met ‘n spog-twee op gat no. 11.

Naaste aan die penne was – WEEREENS – Bev op gate 2 en 11 ASOOK 8 en 17. Die Kaptein trek vinger deesdae!


SATERDAG 14 Desember

Geborg deur WINDMASTER van Johannesburg asook Mnr en Mev Bill en Maureen Watkins

Saterdag 14 Desember se Enkel Stable ford kompetisie is gewen deur Clive Bailey (40) gevolg deur Steve Muller (40), Charlie Bent (39), Rene Lambrechts (38), El Matthee (38) en Jannie Brandt (38)

Spog-twee’s is behaal deur Rene Lambrechts op gat no. 15 en Piet le Roux op gat no. 17.

Naaste aan die penne, geborg deur Leon Hattingh, was Lauri Sauter op 2 en 11, en Joe Cesare op 8 en 17.

Baie dankie aan WINDMASTER en BILL en MAUREEN WATKINS vir die borg-dag. Dit gebeur nie elke dag dat ons nuwe borge kry in die klub nie, wat nog van vreemde individue wat bereid is om die klub te ondersteun!

Dankie WINDMASTER en Thanx again Bill and Maureen – highly appreciated!