Dis ma Marinda Groenewald wat hierdie bielie van ‘n kabeljou by Haaiklip gevang het. Seun Brandon help vashou. So lyk ‘n amperbootjie.
Die teiken sal nog steeds kabeljou wees en daar kan darem deur heelparty hengelaars gespog word in hierdie verband. Moet sê, dis nie heeltemal so eenvoudig nie, want sukses kom deur deursettingsvermoë. Dis die manne wat die kuns bemeester het om die water reg te lees en deur die regte tegniek te gebruik, wat kan spog. Die kans is egter groot dat, indien jy vasbyt, en aanhou, jy ook in hierdie kategorie sal val. Net om die lus ‘n bietjie aan te wakker, word ‘n foto geplaas wat wys hoe ‘n mooi kabeljou lyk en sommer ter illustrasie, hoe lyk ‘n amperbootjie. Baie maal is dit veiliger om met hierdie bootjies vis te vang as met sy groter boetie. Die rede is dat hierdie bootjies maklik op die vangplek kan kom en gouer kan gee pad. Die groter bote moet meestal natuurlik ‘n ompad ry om daar te kom. Wees egter baie versigtig om nie jou hand te oorspeel en dan te lank op die water te bly nie. Rowwe water moet liefs vermy word. Hierdie amperbootjies is regtig mossie, maar man -- maar hulle ís klein!
Daar word ook mooi vis gevang deur die manne met die lang stokke en daar kan maar gekonsentreer word op die gewone kabeljouplekke. Onnodig om te meld dat ek nou praat van Haaiklip en die Gruis. Daar is darem baie ander hengelplekkies en verlede week het ek van hulle melding gemaak. Kortliks, sorg vir die regte aas, en gooi varkoog waar die ouens vroeg-vroeg heen vertrek (dis nogal moeilik om so ‘n bos visstokke buite die oog te hou). Ook saans wanneer die son water trek sal dit baat om te koekeloer. Goeie raad is om eerder met so iemand te gaan praat indien jy nie seker is waarnatoe nie, en met die regte benadering, en die persoon aan jou kant, gaan dit beslis die moeite werd wees.
Kreef? Baie ouens het opgegee weens die nuwe regulasies, maar die manne wat weer gaan probeer het laat weet dat daar baie is, maar meestal ondermaat. Dis steeds groot plesier om die seeskerpioene self te gaan uithaal, maar hou maar die grootte dop! Die manne met die skerp oë is wel daar naby iewers.
Lekker vang, almal! Seemeeu
Nog steeds kabeljou
19 December 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
You Have the Power to Change the Pattern
Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...











