Leiers van verskeie kerklike demominasies wat vroeër vanjaar vir die NG-gemeente geneem is, is ‘n toonbeeld van Gansbaai Fraternal se strewe na Versoening - ook in Gansbaai
Gansbaai Fraternal se aanbieding van ‘n Interkerklike Versoeningsdiens op Maandag, 16 Desember (Versoeningsdag) in die NG-Kerkgebou, het ‘n treffende boodskap van versoening uitgestuur. Die tema van ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Fraternal, was: Preek ons nog Versoening? Hy het 5 belangrike punte aangehaal.
Eerstens of kerke wel nog “Versoening” preek? “Versoening gaan in die eerste en in die laaste plek oor God,” het hy gesê. “Maar preek die kerke nog oor die skerp en harde kant van die Evangelie, of het kerke se stem sag geword?” Die tweede saak het oor skuld en oordeel gehandel. “Sien ons onsself soos ons werklik is, of is ons dalk besig om God se allesomvattende genade in ‘n goedkoop genade te omskep?” Hy het gesê dat dit moeilik is om na die negatiewe en sondige dele van ‘n mens se Lewensboek te kyk, maar dat daardie Lewensboek van elke mens wel eendag voor God sal afspeel. Derdens het hy oor God se inisiatief gepraat. “God het met alles begin, ook met versoening tussen Hom en die mens - nie net geestelik nie, maar ook met die liggaam van Christus.” Hy het ook na die mens se reaksie verwys en as voorbeeld genoem dat die verlore seun eers die realiteit van sy vader se liefde kon beleef toe hy na sy vader se oop arms terugkeer. Laastens het hy by die uitdaging vir die prediking uitgekom en gesê om te verdra is maklik, maar die moeilike deel is om te aanvaar. Hy het afgesluit met Christus wat tot God gebid het dat mense een sal word. Aansluitend hierby het hy na Gansbaai Fraternal verwys. “Daar word nie verwag dat verskillende kerke enigiets moet prysgee of dat almal in een groot kerk saamgevoeg moet word nie, daar moet net as ‘n eenheid van gelowiges oorkoepelend hande gevat word en oor grense heen saamgewerk word tot uitbreiding van God se Koninkryk.”
Hardus Botha
Preek ons nog Versoening
27 December 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...
Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat
Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!












