Gian Groen stel nuwe album vry Dekade se Ballades

Gian Groen stel nuwe album vry  Dekade se Ballades

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gian Groen word geken as een van die land se top digterlike liedjieskrywers. Hy is meestal bekend vir sy liedjie 'Vier Seisoene Kind' wat ook deur verskeie bekende sangers opgeneem is. Gian  se nuwe vollengte-album, ‘Dekade se Ballades’ is in November 2013 uitgereik.

Die album bestaan uit 16 snitte en is n samevatting van Gian se beste werke, asook n paar splinternuwe liedjies wat almal vars opgeneem is by VH Recording Studio en verwerk is deur Wouter van de Venter wat ook die elektriese kitaar speler op die album is. Alle musiek en lirieke is deur Gian geskryf en hy speel ook die akoestiese kitare op die album. Die ongelooflike groep musikante wat saam aan die album gewerk het is Logan Scott (Baskitaar), Jeremy Schultze (Dromme), John Mitchell (Klavier & Orrel), Rayelle Goodman (Strykers), Robert Jeffery (Cello) & Herman Kleinhans (Agtergrond stem snit 1 & 8).

Met ballades soos Stiltetyd, Alles Sal Okay Wees, Cheap Glasie Wyn, Gita Blom  & Vier Seisoene Kind, asook lekker kuier liedjies soos Tiger & Louise, 0 TOT ‘n 100 en Binneland In, is hierdie beslis n versamelaars item vir oud en jonk.

Dekade se Ballades word uitgegee deur sy platemaatskappy VH Music & Publishing  en die album word deur Next Music versprei en sal landwyd en op iTunes beskikbaar wees.

Die musiekvideo van die eerste enkel snit Piet My Vrou sal binnekort te sien wees.
Die eerste 3 persone wat Maandag, 30 Desember vir Gansbaai Courant met die regte antwoord skakel ontvang elk Groen se nuwe album.

Die vraag is: "Wat is die eerste snit op die CD waarvan binnekort 'n musiekvideo gemaak gaan word."

Gian Groen stel nuwe album vry  Dekade se Ballades

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles