Padblokkade verras Besoekers

Padblokkade verras Besoekers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mej Fees van die Ganse 2013/14, Mariska Mouers aan diens by die Vriendelike Padblokkade

Die jaarlikse Vriendelike Padblokkade buite Gansbaai bly steeds ‘n verrassingselement vir vele besoekers. In sommige gevalle kan duidelik gesien word hoe daar rondgeskarrel word vir bestuurderslisensies - soms met benoude gesigsuitdrukkings, soms met verontwaardiging. Dan verskyn die breë glimlagte: “Goeie Môre meneer/mevrou, hartlik welkom in Gansbaai en ons hoop julle geniet die verblyf hier!” - en dan word relevante inligtingstukke en ‘n waterbottel oorhandig, met lekkergoed en ‘n Gansbaai “Frizbee” wanneer daar kinders in die motor is.

Glenda Kitley, Gansbaai Toerisme Bestuurder doen haar deel tydens die Vriendelike Padblokkade

“Al vier Whale Coast dorpe het op 13 Desember ‘n vriendelike padblokkade gereël waartydens besoekers verwelkom is,” vertel Glenda Kitley, Gansbaai Toerisme Bestuurder. “Suné Greeff, Overstrandse Bemarkingsbestuurder het gesorg vir waterbottels en “frizbees”, met elke dorp wat verder ‘n eie bydrae gelewer het.” Gansbaai Explore het ‘n kleurvolle Seisoenkalender geborg wat ook uitgedeel is, met advertensies agterop wat deur Toerismelede as hulle bydrae betaal is. Dan het Dyer Island Conservation Trust handige wenke, asook die onlangse munisipale brief laat uitdeel. Gansbaai Toerismekantoor het hulle spesiale “Welkom-T-Hemde” gedra. Die 2013/14 Mej Fees van die Ganse, Mariska Mouers het ook met die verwelkoming van besoekers gehelp. Gansbaai Toerisme personeellede, asook die voormalige Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill en haar vriendin, het ook tot die vriendelike verwelkoming van besoekers bygedra. “Die ontvangs en reaksie van die besoekers was baie positief,” sê Glenda.     

Hardus Botha

Die voormalige Mej Fees van die Ganse was ook tydens die Vriendelike Padblokkade aan diens

Padblokkade verras Besoekers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles