Padblokkade verras Besoekers

Padblokkade verras Besoekers

Gansbaai Courant

Mej Fees van die Ganse 2013/14, Mariska Mouers aan diens by die Vriendelike Padblokkade

Die jaarlikse Vriendelike Padblokkade buite Gansbaai bly steeds ‘n verrassingselement vir vele besoekers. In sommige gevalle kan duidelik gesien word hoe daar rondgeskarrel word vir bestuurderslisensies - soms met benoude gesigsuitdrukkings, soms met verontwaardiging. Dan verskyn die breë glimlagte: “Goeie Môre meneer/mevrou, hartlik welkom in Gansbaai en ons hoop julle geniet die verblyf hier!” - en dan word relevante inligtingstukke en ‘n waterbottel oorhandig, met lekkergoed en ‘n Gansbaai “Frizbee” wanneer daar kinders in die motor is.

Glenda Kitley, Gansbaai Toerisme Bestuurder doen haar deel tydens die Vriendelike Padblokkade

“Al vier Whale Coast dorpe het op 13 Desember ‘n vriendelike padblokkade gereël waartydens besoekers verwelkom is,” vertel Glenda Kitley, Gansbaai Toerisme Bestuurder. “Suné Greeff, Overstrandse Bemarkingsbestuurder het gesorg vir waterbottels en “frizbees”, met elke dorp wat verder ‘n eie bydrae gelewer het.” Gansbaai Explore het ‘n kleurvolle Seisoenkalender geborg wat ook uitgedeel is, met advertensies agterop wat deur Toerismelede as hulle bydrae betaal is. Dan het Dyer Island Conservation Trust handige wenke, asook die onlangse munisipale brief laat uitdeel. Gansbaai Toerismekantoor het hulle spesiale “Welkom-T-Hemde” gedra. Die 2013/14 Mej Fees van die Ganse, Mariska Mouers het ook met die verwelkoming van besoekers gehelp. Gansbaai Toerisme personeellede, asook die voormalige Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill en haar vriendin, het ook tot die vriendelike verwelkoming van besoekers bygedra. “Die ontvangs en reaksie van die besoekers was baie positief,” sê Glenda.     

Hardus Botha

Die voormalige Mej Fees van die Ganse was ook tydens die Vriendelike Padblokkade aan diens

Padblokkade verras Besoekers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles