Fynbosskou se skildery gewen

Fynbosskou se skildery gewen

Gansbaai Courant

Vlnr is Glenda Kitley, Ockie Viljoen met Micheala Lombaard in sy arms, saam met Anita Botha tydens die oorhandiging van die skildery, met die wenner, Jackie Lombaard op die inlasfoto

Dit is jaarliks die gebruik dat ‘n skildery tydens die verruklike Winter Fynbosskou uitgestal word. Besoekers aan die Winter Fynbosskou moet dan op ‘n gepaste naam daarvoor besluit en hulle besonderhede op ‘n lys aanbring. Na verloop van tyd werk ‘n komitee deur die hordes van inskrywings om op die beste en mees gepaste naam vir die skildery te besluit. Vanjaar se wenner is onlangs bekendgemaak - Jackie Lombaard van Gansbaai en haar gepaste naam vir die skildery, in twee dele, is: “Little piece of Heaven”. Jackie kon ongelukkig nie met die oorhandiging teenwoordig wees nie en het haar dogtertjie, Micheala (3) saam met dié se oupa, Ockie Viljoen gestuur om die skildery namens haar in ontvangs te neem. Anita Botha, sameroeper van 2013 se Winter Fynbosspan en Glenda Kitley, bestuurder van Gansbaai Toerisme Buro, het die oorhandiging waargeneem.

Vanjaar se skildery is deur Joanie Meiring, self ‘n uitstaande kunstenaar, vir die Fynbosspan gereël en die skilder daarvan is Bella van der Westhuizen van Pearly Beach.

Hardus Botha

Fynbosskou se skildery gewen

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles